
Die Bottelborsel
Twee weke gelede het ek iets by ons wasbak sien lê wat ek baie lanklaas in ons huis gesien het: ’n bottelborsel. Toe ons kinders nog babatjies was en ek melk moes uitpomp en kleuterskool toe stuur, het ons heelwat bottelborsels gebruik. Maar noudat al ons kinders tieners is, het die bottelborsel stilletjies uit ons huis verdwyn, saam met soveel ander goed wat deel was van daardie fase van ons lewe. ...








