101_TLPhoto20250530_smaller

Hoe “Aanhou Probeer” Lyk

My voet het die kant van ’n stukkie ongelyke sement getref en, voor ek self besef het wat besig was om te gebeur, was ek plat op die grond. Dis nogal ’n skok om op vier-en-veertig te val. Dis nie soos om as kind te val nie — wat alreeds vir my erg was; nee, hierdie is ’n harde, beenratelende impak wat die wind uit jou seile slaan en jou gestrand los langs ’n besige pad, terwyl jy jouself nagaan vir bloed en geskende trots. Ek het ’n rukkie daar bly sit, die sand en klippies van my palms probeer afvryf, en gewonder hoekom ek dit aan myself doen. ...

10 Februarie 2026 · 2 min · 403 woorde · martmarib
123_TLPhoto20250530

Wanneer Alles Terselfdertyd Verander

Sjoe, hierdie jaar het met ’n knalskoot begin. My skoonpa is oorlede die dag voordat my man en ek weer werk toe sou terugkeer ná ons Desember- en Januarieverlof. Al was hy reeds ’n geruime tyd siek, was dit steeds ’n groot skok vir ons almal. Ek het reeds albei my ouers verloor, maar vir my man is dit sy eerste ervaring van die verlies van ’n ouer, en dit is hartverskeurend om te sien hoe hy hierdeur gaan. En laat ek nie eers begin oor hoe dit vir ons kinders was nie. ...

27 Januarie 2026 · 2 min · 379 woorde · martmarib
119_TLPhoto20250530

'n Belofte Nagekom (en 'n nuwe manier vorentoe)

Ek het ’n lang breek van skryf af geneem. Dit was nodig. Dit was goed. Maar ek is gereed om weer te begin — versigtig en doelbewus, en hopelik weer teen dieselfde ritme wat ek die afgelope twee jaar kon handhaaf. 2025 was nie ’n jaar van groot ambisies nie. Ek het ’n tree terug gegee van maratonne af sodat ek op korter afstande kon fokus, en ek het landloop probeer. My enigste werklike doelwit was my afstand vir die jaar: 2,600 km. ...

13 Januarie 2026 · 2 min · 371 woorde · martmarib
108_TLPhoto20250530

Bevraagteken Alles

Baie jare gelede, toe ek my leerlinglisensie geskryf het, het dinge anders gewerk as vandag: jy het eers die toets geskryf, en daarna die oogtoets gedoen. Ek onthou hoe ek gaan sit het vir die oogtoets, verlig dat ek geslaag het, toe die toetsbeampte my met ’n ernstigheid aankyk wat ek glad nie verwag het nie. “Ek is jammer… Ek kan nie jou lisensie vir jou gee nie.” Ek kon die knop op my maag voel. “Hoekom nie?” ...

02 Desember 2025 · 3 min · 613 woorde · martmarib
122_TLPhoto20250530_narrow

Genade is ’n Krag

Die afgelope week was ons weer glad nie wonderlik nie. Dinsdag is ek behoorlik deurweek tydens ons baansessie, en daarna moes ek reguit huis toe haas — geen koffie, geen bietjie kuier nie; net nat skoene en daardie stille frustrasie wat jy voel wanneer ’n dag te vinnig begin. Toe dit Sondagoggend tyd raak vir my lang hardloop, het dit weer gesous. En vir eens, in plaas daarvan om myself by die deur uit te druk, het ek besef ek hét eintlik die ruimte om te wag. So ek besluit toe om nog ’n koffie te maak, bietjie aan die toesprake vir volgende jaar te werk waarmee ek besig is, die weer later weer te dophou, en van die huis af te hardloop as die dag dit toelaat. ...

18 November 2025 · 3 min · 524 woorde · martmarib
104_TLPhoto20250530

Doelgerig

Kan jy voel hoe die einde van die jaar naderkom? Ek kan dit beslis voel, en daardie gevoel laat my gewoonlik weer oor doelwitte nadink — nie net die grootstes soos maratonne en lewensmylpale nie, maar ook die kleiner, standvastiges wat stilweg vorm aan my gee. Soos jy dalk teen dié tyd al agtergekom het, skryf ek hierdie nuusbriewe gewoonlik oor die een ding wat die meeste vir my uitgestaan het in die afgelope twee weke, en hierdie keer was dit ’n oomblik wat my herinner het hoekom doelwitte só baie saak maak. ...

04 November 2025 · 3 min · 508 woorde · martmarib
113_TLPhoto20250530

Wanneer Alles Belangrik Is

Skaars voet by die deur in nou die dag, hoor ek hoe my man en jongste seun besig is om te gesels. Hulle was besig om ‘n rekenaarspeletjie te bespreek, toe ek hierdie sin — natuurlik heeltemal uit konteks uit — vang: _“Wanneer alles belangrik is, dan is niks belangrik nie.” _ Nogal ‘n openbaring en ‘n half vir ‘n dertien-jarige, het ek gedink. Maar, hierdie is dieselfde kind wat ‘n paar jaar gelede, die “We’re proudly cashless”-bordjie by ‘n vakansieoord intens bestudeer het en toe gevra het: “Is dit nou een of ander manier vir hulle om te sê dat hulle arm is?” Ek het dus al geleer om sulke helder oomblikke van hom te verwag. ...

21 Oktober 2025 · 2 min · 394 woorde · martmarib
110_TLPhoto20250530

Om vir ’n “Kwêk! Kwêk!” te vra

So nou en dan tref ek ’n muur. Dit voel asof ek al alles probeer het, die probleem van elke moontlike hoek af benader het, en asof net mooi niks werk nie. Die probleem voor my voel swaar en onoplosbaar — ek brand vas. Teen dié tyd het ek geleer dat die uitweg nie altyd is om harder te probeer nie. Soms is dit eerder om te praat. Hardop te praat. ...

07 Oktober 2025 · 3 min · 462 woorde · martmarib
120_TLPhoto20250530

Die Persoon Wie Jy Nog Nie Ontmoet Het Nie

Gewoonlik twee keer ’n jaar bied MCM ’n couch-to-5k-program aan. Die idee is eenvoudig, maar bemagtigend: kry iemand van die bank af en aan die hardloop, hopelik so ver as 5 km, in agt weke. Die laaste program vir vanjaar het onlangs afgeskop en die van ons teenwoordig by ons weeklikse baansessie het van die nuwe mense ontmoet op hulle eerste Saterdag van die program. Daardie oggend was een van die vrouens vroeg daar. Sy wou nie alleen loop nie; ek het toe aangebied om saam met haar te stap. Aanvanklik het ek te vinnig geloop, maar ek kon darem redelik vinnig by haar pas inval. Ek het al vergeet hoe dit is om nuut te wees! ...

23 September 2025 · 3 min · 481 woorde · martmarib
109_TLPhoto20250530

Wanneer Jy Jouself Mis

Een van my gunsteling dinge om te sê, is: “Onthou, jy kies dit wat jy nie verander nie.” Ek sê dit dikwels wanneer ek iemand hoor kla oor ’n veranderbare situasie, maar niks daaraan doen nie. En ek herinner myself daaraan wanneer ek vasgevang voel in ’n frustrerende, aanhoudende situasie. Dis ’n bitter sin om aan te kou. Elke keer wanneer ek daaraan dink, kan ek sommer die “Maar, maar, maar…” in my binneste hoor borrel. ...

09 September 2025 · 3 min · 469 woorde · martmarib