103_TLPhoto20250530

Ruimte in 'n Morsige Middel

Verlede week, terwyl ek in die kar gewag het vir my kinders, het my man vir my ’n boodskap gestuur: “ Ek wil weer gaan kyk na ’n ander kar vanmiddag.” (Ons is opsoek na ’n tweedehandse voertuig om syne te vervang, en dalk een wat ons oudste ook sal kan gebruik terwyl hy leer bestuur.) Ek het daardie dag nie baie lekker gevoel nie, en het teruggeantwoord, “ Ek wou bietjie gaan lê het wanneer ek net nou terug is by die huis.” ...

26 Augustus 2025 · 3 min · 522 woorde · martmarib
My Afrikaanse Nuusbrief

My Afrikaanse Nuusbrief

Dit lê al ’n geruime tyd op my hart om meer in Afrikaans te skryf. Ek weet net nie regtig hoe om dit aan te pak nie. Ek wil nie my Engelse lesers vervreem of verloor nie, maar ek weet ook nie of ek kans sien om twee stukke elke keer te doen nie. By die Afrikaans 100-konsert by Hoërskool Randburg het ek weer besef hoe belangrik dit eintlik is. As ek nie self in Afrikaans skryf nie, gaan my kinders waarskynlik ook nie, en dan waarskynlik hul kinders ook nie… en so gaan dit voort. ...

21 Augustus 2025 · 1 min · 141 woorde · martmarib
Days to go

Die lewe is vir die wat lewe

Ek het nou al ’n paar mense na aan my verloor. Iets wat my nog altyd opgeval het wanneer iemand doodgaan is hoe vreemd die tyd raak. Dis asof jy in jou eie borrel vasgevang is terwyl die res van die wêreld steeds voort skarrel, selfs al voel jy soms die drang om te skree: “Hoor hier, mense, staan net vir eers ’n rukkie stil terwyl ek myself probeer uitpluis.” ...

20 Februarie 2024 · 3 min · 432 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 25

Riglyne Rondom Gesond Eet #25

Die liggaam gebruik proteïene vir: die groei en herstel van weefsel, selle en spiere, die instandhouding van gesonde vel, hare en naels, die vervaardiging van hormone, die vervaardiging van nie-essensiële aminosure, die ondersteuning en bevordering van ’n gesonde immuunstelsel, die afbreek van voedsel en ondersteuning van ’n gesonde spysvertering stelsel, en as ’n bron van energie Om al hierdie funksies suksesvol te kan verrig is die aanbevole hoeveelheid per kilogram liggaamsgewig van elke essensiële aminosuur wat ons nodig het: ...

26 Junie 2023 · 2 min · 336 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 24

Riglyne Rondom Gesond Eet #24

Die voedsel piramide was deel van my graad 3’tjie se lewensvaardighede werk verlede week. Hulle leer dat proteïene soos boublokkies is, en dat dit is wat ons liggaam gebruik om ander selle mee te maak. Dis waar. Proteïene is ’n essensiële nutriënt - ’n boublok - wat ons liggaam nodig het nuwe selle te vervaardig en beskadigde selle te kan vervang. Elke liewe sel in ons liggaam bevat proteïene. Proteïene bestaan uit aminosure wat in lang kettings aanmekaar vas is. Daar is twintig verskille tipes aminosure en die orde en kombinasie van aminosure is wat die funksie van proteïene bepaal. Ons liggaam het al twintig verskillende aminosure nodig, maar kan nege van hierdie twintig nie self vervaardig nie. Dit beteken dat ons hierdie nege moet inneem deur dit wat ons eet. Hierdie nege aminosure staan bekend as die essensiële aminosure. ...

08 Junie 2023 · 2 min · 289 woorde · martmarib
Uitreksel

“Een keer 'n vettie, altyd 'n vettie.” Nè?

Baie glo hierdie. Sommige glo dit so sterk dat hulle nie eers wil begin probeer nie. Wanneer iets oor iemand se gewigverlies geskryf word op sosiale media is daar amper altyd kommentaar in die lyn van “Ja, dis alles goed en wel, maar dis die afhou wat die probleem is.” Jis, ek het ’n broertjie dood hieraan. Ek daag hierdie siening uit en glo dat die enigste manier vir dit om nie waar te wees nie, is om daardie “Vettie”-etiket van jouself af te ruk en te verbrand. Dis nie net jou lewenswyse wat moet verander nie, maar ook jou identiteit.

05 Junie 2023 · 1 min · 101 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 23

Riglyne Rondom Gesond Eet #23

Dis dalk meer kompleks en minder rigied, maar ’n gesonde eetplan is soortgelyk aan die resep om ’n koek te bak. Los een bestanddeel uit of vervang iets met iets anders, en die koek gaan waarskynlik flop. (Soos wat ék onlangs geleer het toe ek my uiters betroubare Wortelkoek resep probeer aanpas het.) In hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks is daar dusver baie gekyk na mikro-nutriënte - dit sal nou seker wees soos die bakpoeier en die knippie sout in ’n resep. ’n Gesonde eetplan bestaan egter ook uit makro-nutriënte, en nog ander elemente waarby ons later gaan uitkom, soos Proteïne, Koolhidrate en Vette, wat ook belangrik is en elkeen ’n doel verrig - ja, selfs vette en koolhidrate. ...

01 Junie 2023 · 2 min · 356 woorde · martmarib
Introspeksie

Introspeksie

Ek wil jou iets van introspeksie vertel: dis nie maklik nie. Dis nie ’n antwoord of iemand wat sê daar is jou probleem, en wanneer jy dit weet dan kan jy daarop ’n pleister gaan plak en dit word gesond nie. Nee. Introspeksie is moeilik. Dis ure lank in jou eie geselskap sit en dinge oordink en analiseer. Dis goed wat jy lankal van vergeet het gaan oopkrap en jouself toelaat om weer daardie seer te herleef. Dis jou “A-ha”-oomblikke en ontdekkinge met iemand anders met meer insig deel, so rou en seer as wat dit ook al mag wees. Dis ’n diep, intense en passievolle soeke na verstaan, begrip en genesing. Dis om empatie met jouself te hê. ...

26 Mei 2023 · 3 min · 434 woorde · martmarib
Uitreksel

Die (On)Natuurlike Goed

Ek sê soms vir my hardloop afrigter: “Dit voel vir my asof al die ander hardlopers hierdie hardloop ding heeltemal bemeester het. Hoekom sukkel ek so? Hardloop is dan tog iets wat natuurlik moet wees.” En sy sal antwoord: “Dis nie waar nie. Almal sukkel! En om goed te kan hardloop is iets wat mens moet leer om te kan doen.” Met eet het dit ook vir my so gevoel - dalk nou nog… Alhoewel ek ook sal erken dat dit die laaste tyd vir my voel asof ek wel besig is om my ritme te vind. ...

19 Mei 2023 · 1 min · 153 woorde · martmarib
Die beste is nog op pad

Die beste is nog op pad

My jongste het gisteraand by ’n maatjie oorgeslaap. Haar maatjie se mamma het foto’s aangestuur van die feestelikhede en ek het vir ’n hele rukkie na die glimlaggende graad 3 gesiggies in gedagte gestaar. Hulle lewenspaaie is nou al vir ’n paar jaar al verweef - van babasentrum tye, na voorskool en later laerskool. Daar was heelwat geleenthede gedurende hierdie jare vir nuwe dinge begin en bang wees. Voorskool toe gaan. Laerskool toe gaan. Eerste keer ’n toespraak voordra. Eerste keer gaan oorslaap. Nietemin - hier is hulle nou: glimlaggende gesiggies op my foon. ...

07 Mei 2023 · 2 min · 360 woorde · martmarib