Riglyne Rondom Gesond Eet 15

Riglyne Rondom Gesond Eet #15

Ek voel asof ek liries oor magnesium kan raak. Wanneer ek sukkel om te slaap, dan is magnesium daar. Wanneer my spiere moeg en seer is, gryp ek na magnesium. Dis seker dié mineraal waarmee ek die meeste aanvul alhoewel ek ook baie magnesium ryke voedsel probeer eet. Ek weet ek is nie die enigste hardloper wat op magnesium staatmaak nie. Magnesium is ’n metaal, ’n baie sagte metaal. Van julle mag dalk ’n Chemie onderwyser ’n strokie magnesium onthou aansteek en die helder wit lig wat die gevolg daarvan was. Gelukkig hoef ons darem nie magnesium net so te eet nie – is kos nie wonderlik nie? ...

24 Desember 2022 · 2 min · 263 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 14

Riglyne Rondom Gesond Eet #14

Minerale is die tweede groep mikro-nutriënte wat ons liggaam van iewers af moet inneem. Daardie “iewers” is deur dit wat ons eet en drink. Minerale is soliede elemente wat natuurlik voorkom en is nie-organies - bedoelende minerale is nie lewende materiaal of materiaal wat groei nie. Die minerale wat ons liggaam so bietjie meer van nodig het is: Magnesium Kalsium Fosfor Swael Natrium Kalium Chloried En dan het ons ook hierdie spoor-minerale nodig: Yster Selenium Sink Mangaan Chroom Koper Jodium Fluoried Molibdeen ...

21 Desember 2022 · 1 min · 142 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 13

Riglyne Rondom Gesond Eet #13

Vitamien K is een van die minder bekende vet oplosbare vitamiene, maar nie minder belangrik nie. Omdat dit vet oplosbaar is, beteken dit die liggaam stoor hierdie vitamien en dit is dus moontlik om te kan oordoseer. Goeie bronne van Vitamien K is groen blaargroente - ook die blare van groente soos rape en beet. Vitamien K help met die verandering van die proteïen wat nodig is om bloed te laat stol. Vitamien K help ook met die binding en absorpsie van Kalsium in bene, bloed en ander weefsel. Dit was vir my interessant gewees om te lees dat persone wat bloed verdunners neem vernaam daarop moet let om hulle vitamien K inname konstant te hou - soos wat dit was toe hulle dosis voorgeskryf was. ...

15 Desember 2022 · 1 min · 186 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 12

Riglyne Rondom Gesond Eet #12

Baie mense se eerste gedagte wanneer hulle vitamien E hoor is dat dit die vel en hare vitamien is. Vitamien E is wel nie slegs belangrik vir die gesondheid van ons vel en hare nie. Dit help ook ons sig, voortplanting stelsel, bloed gesondheid, immuunstelsel en brein. Vitamien E is ’n kragtige anti-oksidant en word baie keer bemark vir sy rol in die stryd teen veroudering. Vitamien E is nog een van die vet oplosbare vitamiene, en ons het nou al geleer dit beteken dat die liggaam die vitamien stoor en ook dus op kan oordoseer. Goeie bronne van vitamien E is plant olies, soos sonneblom- en olyfolie, neute, sade, koringkiem (dus vol graan) asook baie groente, vrugte, vleis en veral vis - dit kom volop voor. ...

12 Desember 2022 · 2 min · 216 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 11

Riglyne Rondom Gesond Eet #11

Vitamien C is seker die “gesig” van die vitamiene - die bekendste een. Vitamien C is ’n water oplosbare vitamien en kom in amper alle vars groente en vrugte voor, maar veral in veselperskes, sitrus vrugte, aarbeie, rooi soetrissies, kruisbloemige groente (kool, brokkoli, blomkool en brusselse spruite), tamaties en aartappels. Omdat vitamien C water oplosbaar is, stoor die liggaam dit nie. Dit moet dus elke dag ingeneem word. Die bekendste funksies van vitamien C is om die immuunstelsel te ondersteun en siektes te voorkom asook om die liggaam te help herstel. Vitamien C is ook nodig om yster te help absorbeer en jy mag dalk al raakgesien het dat baie yster aanvullings ook vitamien C bevat. Dan is hierdie vitamien ook ’n kragtige anti-oksidant wat veroudering kan teenwerk. ...

08 Desember 2022 · 2 min · 316 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 10

Riglyne Rondom Gesond Eet #10

Meeste mense se verstaan van vitamien D is dat dit van die son af kom en nie uit voedsel nie. Alhoewel dit waar is dat ons vitamien D van die son af kry, is daar wel ook voedsel bronne wat vitamien D bevat. Voorbeeld hiervan is olierige vis, eiergeel, lewer en rooivleis. Heelwat voedsel, veral ontbytgrane, margarine en vrugtesappe, word verryk met vitamien D. Vitamien D help met die absorpsie van kalsium en fosfor vir sterk bene en tande, en ondersteun die immuunstelsel. Dit help ook met jou gemoedstoestand en verminder depressie. Navorsing het selfs al bewys dat vitamien D gewigsverlies ondersteun. ...

06 Desember 2022 · 1 min · 201 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 9

Riglyne Rondom Gesond Eet #9

Vandag se stukkie handel oor die B-vitamienes. Daar is baie van hulle: B1, B2, B3, B5, B6, B7, B9 en B12. Daar is wel ook B4, B8, B10, B11 en B13+ wat ander mikro nutriënte is, maar nie as vitamienes geklassifiseer word nie. Die B-groep mikro nutriënte is dus ’n groot groep, en hulle is almal water oplosbaar. Die B-groep nutriënte kom in ’n verskeidenheid van voedsel voor — soos groen groente, heel grane, neute, peul groente, brouers gis, suiwel en vleis. Omdat die B-groep vitamienes water oplosbaar is, word dit wat jy te veel van inneem deur die liggaam uitgeskei. Hulle word dus nie gestoor nie. Ek het al ’n dokter gehad wat vir my gesê het dat aanvullings soms net duur urine tot gevolg het — wat waar is as mens reeds voldoende vitamienes uit jou dieet uit inkry. ...

04 Desember 2022 · 2 min · 329 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 8

Riglyne Rondom Gesond Eet #8

Vitamien A is ’n vet-oplosbare vitamien waarvan ekstra in die liggaam gestoor word. Meeste mense reken vitamien A is net daar vir oog gesondheid, maar vitamien A speel ook ’n rol in sel groei, fetus ontwikkeling, reproduksie, ondersteun die immuunstelsel en vel en haar gesondheid. Vitamien A kom natuurlik as retinol in ’n verskeidenheid van voedsel soos suiwel, lewer en vis voor. Baie groente en vrugte bevat karotenoïede, wat ook ’n vorm van vitamien A is. Dis gewoonlik die oranje groente en vrugte asook die donker blaargroente. ’n Dieet hoog in karotenoïede word geassosieer met ’n laer risiko vir siektes soos diabetes, long kanker en hart siektes. ...

03 Desember 2022 · 1 min · 205 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 7

Riglyne Rondom Gesond Eet #7

Ek het Biologie geneem in die hoërskool — tot graad 12 toe. Tóé het ek nog drome gehad daarvan om dalk eendag medies te gaan studeer; ek wou graag my opsies oophou. Dít het natuurlik nooit gerealiseer nie, maar ek glo darem nie dat om Biologie te gestudeer het ’n fout was nie. Dit was ’n ervaring en ek het vreeslik baie lewensvaardighede geleer. Iets wat ek nou nog onthou is hoe ons rympies gemaak het om al die verskillende vitamienes te leer en hoekom elke vitamien belangrik is. Toe ek navorsing doen vir vandag se stukkie, het ek weer aan hierdie rympies gedink. ...

30 November 2022 · 2 min · 312 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 6

Riglyne Rondom Gesond Eet #6

Ons het reeds geleer dat wanneer die liggaam kos verteer, kalorieë vrygestel word wat as energie gebruik kan word. Ons het ook geleer dat oortollige kalorieë as vet gestoor word. Jy kan alleenlik van hierdie “gestoorde kalorieë” ontslae deur dit te gebruik (verbrand), en dit gebeur net wanneer jou liggaam energie benodig wat dit nie op ’n ander manier kan kry as om dit daar te gaan soek nie. Daar is drie komponente wat jou liggaam vir energie kan verbrand: koolhidrate (glukose en glikogeen), vet en spiere. ...

29 November 2022 · 3 min · 472 woorde · martmarib