Riglyne Rondom Gesond Eet 5

Riglyne Rondom Gesond Eet #5

Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry. Verskillende kos bevat verskillende aantal kalorieë, is nie ewe dig in kalorieë nie en het ook nie dieselfde voedingswaarde per kalorie nie. Wanneer jy egter meer kalorieë inneem as wat jou liggaam nodig het, skei jou liggaam nie die oortollige kalorieë uit nie. Nee, jou liggaam bêre daardie oortollige kalorieë as vet. Vet is dus energie wat gestoor word. ...

28 November 2022 · 2 min · 271 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 4

Riglyne Rondom Gesond Eet #4

Ons liggaam het energie nodig vir ons basiese lewensprosesse - soos ons hartklop, asemhaling, spysvertering en bloed sirkulasie - en om te kan beweeg. Mense is nie soos plante wat energie van die son af verkry nie. Ons moet die energie wat ons nodig het inneem deur om te eet. Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry. Energie word in kalorieë gemeet. Kalorieë is nie die enigste eenheid waarin energie gemeet kan word nie. Trouens, dis nie eers die metrieke eenheid vir energie nie, Joule is die metrieke eenheid vir energie. Kalorieë is wel ’n algemene eenheid en om verwarring te voorkom gaan ek nie oor Joule ook praat nie. Weet net dat kalorieë en Joule beide eenhede is om energie in meet – dit beteken dieselfde ding en mens kan tussen die eenhede oorskakel. ...

26 November 2022 · 2 min · 292 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 3

Riglyne Rondom Gesond Eet #3

Ek kan nie alles wat my liggaam nodig het om van te lewe self produseer nie, daarom moet ek eet en drink. Om te verseker dat my liggaam optimaal kan funksioneer moet ek inneem wat dit nodig het. Wat het my liggaam nodig? Ons heel basiese fisiese liggaamlike behoeftes is die volgende: Energie (brandstof) Vitamienes Minerale Proteïne Vette Koolhidrate en Water ’n Gesonde dieet sluit al die bogenoemde in. Die liggaam benodig wel nie presies ewe veel van alles nie, en dít is gewoonlik waar die geneuk inkom. ...

25 November 2022 · 2 min · 220 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 2

Riglyne Rondom Gesond Eet #2

Dis altyd goed om te begin met ’n hoekom-vraag. Só ook, voel ek, in die geval van gesond eet. Hoekom moet jy eet? Die eenvoudigste antwoord hierop is seker: “Ek moet eet omdat my liggaam kos nodig het.” En dít is waarskynlik een van die redes waarom ’n kosverslawing so vreeslik moeilik is om te bestuur - want jy word elke dag met voedsel gekonfronteer. Dis nie iets wat jy kan vermy nie. Nee, jy moet leer om daarmee saam te lewe. ...

24 November 2022 · 1 min · 163 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 1

Riglyne Rondom Gesond Eet #1

(#1 van ek weet nie hoeveel nie) Iets wat vir my hierdie jaar opgeval het van die vier Kopskuif kursusse (die laaste ene het nog so ‘n paar dae oor) is hoe min mense weet hoe om gesond te eet. Ek reken dat hoe om gesond te eet ‘n basiese lewensvaardigheid wat ons van kindsbeen af leer behoort te wees — tog… Die skole probeer. Ouers probeer. Tendense probeer — gewoonlik verkeerd. Op die ou einde weet niemand eintlik nie. ...

23 November 2022 · 2 min · 252 woorde · martmarib