Riglyne Rondom Gesond Eet 25

Riglyne Rondom Gesond Eet #25

Die liggaam gebruik proteïene vir: die groei en herstel van weefsel, selle en spiere, die instandhouding van gesonde vel, hare en naels, die vervaardiging van hormone, die vervaardiging van nie-essensiële aminosure, die ondersteuning en bevordering van ’n gesonde immuunstelsel, die afbreek van voedsel en ondersteuning van ’n gesonde spysvertering stelsel, en as ’n bron van energie Om al hierdie funksies suksesvol te kan verrig is die aanbevole hoeveelheid per kilogram liggaamsgewig van elke essensiële aminosuur wat ons nodig het: ...

26 Junie 2023 · 2 min · 336 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 24

Riglyne Rondom Gesond Eet #24

Die voedsel piramide was deel van my graad 3’tjie se lewensvaardighede werk verlede week. Hulle leer dat proteïene soos boublokkies is, en dat dit is wat ons liggaam gebruik om ander selle mee te maak. Dis waar. Proteïene is ’n essensiële nutriënt - ’n boublok - wat ons liggaam nodig het nuwe selle te vervaardig en beskadigde selle te kan vervang. Elke liewe sel in ons liggaam bevat proteïene. Proteïene bestaan uit aminosure wat in lang kettings aanmekaar vas is. Daar is twintig verskille tipes aminosure en die orde en kombinasie van aminosure is wat die funksie van proteïene bepaal. Ons liggaam het al twintig verskillende aminosure nodig, maar kan nege van hierdie twintig nie self vervaardig nie. Dit beteken dat ons hierdie nege moet inneem deur dit wat ons eet. Hierdie nege aminosure staan bekend as die essensiële aminosure. ...

08 Junie 2023 · 2 min · 289 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 23

Riglyne Rondom Gesond Eet #23

Dis dalk meer kompleks en minder rigied, maar ’n gesonde eetplan is soortgelyk aan die resep om ’n koek te bak. Los een bestanddeel uit of vervang iets met iets anders, en die koek gaan waarskynlik flop. (Soos wat ék onlangs geleer het toe ek my uiters betroubare Wortelkoek resep probeer aanpas het.) In hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks is daar dusver baie gekyk na mikro-nutriënte - dit sal nou seker wees soos die bakpoeier en die knippie sout in ’n resep. ’n Gesonde eetplan bestaan egter ook uit makro-nutriënte, en nog ander elemente waarby ons later gaan uitkom, soos Proteïne, Koolhidrate en Vette, wat ook belangrik is en elkeen ’n doel verrig - ja, selfs vette en koolhidrate. ...

01 Junie 2023 · 2 min · 356 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 22

Riglyne Rondom Gesond Eet #22

Ek het nou net een van die Bloedskenk se Yster-pilletjies gedrink en gedink hoe vreemd dit is dat die spoor-minerale almal so saam gegroepeer word – so amper asof hulle nie só belangrik is wat die ander minerale is nie. Tóg is Yster spesifiek iets wat ek amper my hele lewe lank al mee sukkel en vir my is dit wel ’n baie belangrike nutriënt. Spoor-minerale word so genoem omdat die liggaam nie baie daarvan nodig het nie – hierdie is ’n geval van klein maar kragtig. Van die spoor-minerale is onder andere Yster, Sink, Selenium, Mangaan, Koper, Jodium en Fluoried. ...

03 April 2023 · 2 min · 324 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 21

Riglyne Rondom Gesond Eet #21

Die ander helfte van gewone tafelsout (NaCl) is Chloried. Chloried is net so belangrik as wat Natrium is en help om die hoeveelheid vloeistof asook die tipe nutriënte wat deur selle opgeneem word te reguleer. ’n Belangrike deel van maagsuur (HCl) is Chloried, en só is Chloried dan ook nodig vir die afskeiding van maagsuur en die handhawing van suurvlakke. Ander funksies van Chloried sluit in: Werk saam met Natrium om die liggaam se elektroliet balans te handhaaf Fasiliteer die vloei van suurstof en koolstofdioksied binne selle Stimuleer die funksionering van senuwee- en spierselle Is nodig vir gesonde vel en hare Ondersteun die immuunstelsel Omdat Chloried gewoonlik saam met Natrium geabsorbeer word is die twee se vlakke meestal natuurlik in balans. Net soos in die geval van Natrium is te veel Chloried ook nie gewens nie. ...

20 Maart 2023 · 1 min · 196 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 20

Riglyne Rondom Gesond Eet #20

Kalium is dalk beter bekend onder sy Engelse naam, Potassium, en is ’n mineraal wat die liggaam nodig het om gesond te bly. Kalium word ook soms as ’n elektroliet beskryf omdat dit ’n klein elektriese lading dra wat nodig is vir sel en senuwee funksie. Kalium kan help met die regulering van bloeddruk veral deur die negatiewe effek van Natrium teen te werk. Behalwe vir die regulering van bloeddruk kan Kalium ook help om ’n hoër been mineraal digtheid te handhaaf en nierstene wat gevorm word a.g.v. te veel Kalsium te voorkom. ...

15 Februarie 2023 · 2 min · 265 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 19

Riglyne Rondom Gesond Eet #19

Natrium is ’n sagte hoogsreaktiewe alkaliese silwer-wit metaal. Natrium kom algemeen voor as Natriumchloried; beter bekend as gewone tafelsout. Die mens se liggaam het maar ’n klein hoeveelheid Natrium nodig, so min as 500mg daagliks, en gebruik Natrium om senuwee impulse deur die liggaam te vervoer, om spiere te laat saamtrek en te laat ontspan asook om die water en minerale balans te handhaaf. Te min Natrium kan mens moeg, afgemat, rusteloos en geïrriteerd laat voel. Krampe en spierspasmas is gewoonlik ook die gevolg. Na afloop van my marathon laasjaar kon ek letterlik die sout kristalle op my klere en skoene afvee en bymekaarmaak. Dis nou al baie maande later en ek sukkel nog steeds om my sout balans weer reg te kry. ...

31 Januarie 2023 · 2 min · 250 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 18

Riglyne Rondom Gesond Eet #18

Toe ek bietjie oor Fosfor gesels het nou-die-dag, het ek genoem dat Fosfor tweede volopste in die liggaam voorkom. Naas Fosfor is Swael die derde volopste. Swael is oral om ons in die lug en vernaam in die grond waarin ons kos groei – dít maak Swael deel van ’n groot verskeidenheid van voedsel. Ons liggame gebruik Swael vir vele funksies insluitend die bou en herstel van DNA en om ons selle te beskerm deur die rol wat dit speel in die vervaardiging van askorbaat – ’n kragtige antioksidant. ...

10 Januarie 2023 · 2 min · 232 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 17

Riglyne Rondom Gesond Eet #17

Naas Kalsium is Fosfor die mineraal wat die volopste in die liggaam voorkom. 85% van die liggaam se Fosfor word in die bene en tande gestoor. ’n Tekort aan Fosfor, bekend as Hypophosphatemia, is raar vernaam omdat die vlakke van Fosfor in die liggaam deur die niere, bene en ingewande gereguleer word – bv deur dat minder Fosfor urine toe gaan wanneer die vlak sou daal. Die oorsaak van ’n Fosfor tekort is dus altyd gekoppel aan ’n onderliggende probleem. ...

09 Januarie 2023 · 2 min · 238 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 16

Riglyne Rondom Gesond Eet #16

Kalsium is seker een van die bekendste minerale en gewoonlik dan ook as dié mineraal vir sterk bene en tande. Soos Magnesium is Kalsium ook ’n sagte metaal. Wat ek onthou van Kalsium is dat ons onderwyser dit met ’n mes kon sny, maar dat dit vinnig ’n bruin oksied lagie gevorm het en ook met water gereageer het. Dit was glad nie ’n mooi blink metaal nie. Kalsium kom egter nie natuurlik op sy eie voor nie, maar kombineer altyd met iets anders. ...

03 Januarie 2023 · 2 min · 337 woorde · martmarib