
Riglyne Rondom Gesond Eet #1
(#1 van ek weet nie hoeveel nie) Iets wat vir my hierdie jaar opgeval het van die vier Kopskuif kursusse (die laaste ene het nog so ‘n paar dae oor) is hoe min mense weet hoe om gesond te eet. Ek reken dat hoe om gesond te eet ‘n basiese lewensvaardigheid wat ons van kindsbeen af leer behoort te wees — tog… Die skole probeer. Ouers probeer. Tendense probeer — gewoonlik verkeerd. Op die ou einde weet niemand eintlik nie. ...








