Droom

Droom

Ek vind drome fassinerend. Veral die wat ek nog so duidelik die volgende oggend kan onthou. Sulke drome laat my met iets om oor te mediteer die oggend wanneer ek gaan draf en iets om uit te pluis oor baie dae daarna. Ek hou van dink en rasionaliseer – so dit val so reg in my kraal. Die vreemdste droom het gisteraand in my onderbewuste afgespeel. Toe ek vanoggend wakker word toe sê ek vir my man dat ek onseker is of ek wel enigsins geslaap het. My droom het vir my so werklik gevoel dat dit vir my gevoel het asof ek wakker was. ...

14 Junie 2022 · 3 min · 577 woorde · martmarib
Seer

Seer

Waarom moet mens seer kry? Is dit om aan jouself te bewys dat jy wel nog lewe? Dalk om jou nederig en op jou knieë te hou? “Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me.” O, maar hulle doen! Hulle maak baie seer. Die woorde maak seer. Die tyd wanneer dit gesê word maak seer. Die persone wat dit sê maak seer. Die plek waar dit gesê word maak seer. Dit wat nie gesê was nie maak seer. Dit wat nie gedoen was nie maak seer. My oordink en analiseer van wat alles vooraf moes gebeur het en wat wel gebeur het maak seer. Die hele situasie is ’n amalgamasie van goed wat seer maak. ...

12 Mei 2022 · 1 min · 207 woorde · martmarib
Die persoon wat alle hoop verloor het

Die persoon wat alle hoop verloor het

Ek het hierdie as ’n antwoord gestuur vir iemand wie se pleidooi vanoggend in my inbox beland het. Iemand wat al alles probeer het en net mooi niks werk nie. Ek weet nie of my antwoord reg is nie, maar, al is dit krom en skeef, ek dink dit mag dalk vir ander vrouens iets beteken: Hier is hoe ek jou situasie sien. Iewers het jy opgehou met lewe, jy bestaan nou net. Jy het nie meer ’n lus vir die lewe of enige passie of doelwitte meer oor nie. Jy het opgehou lief wees vir jouself. En op een of ander manier kry jou gewig nou die skuld hiervoor. ...

06 Mei 2022 · 2 min · 317 woorde · martmarib
Days to go

Gister was nie 'n lekker dag nie

Toe my oudste gister in die kar klim na skool, toe deel hy my mee dat hy gisteraand by ’n skool funksie móét uithelp met die klank — móét nogal. “Maar jy het swem oefening op Dinsdagaande!” roep ek uit, “Jy kan nie uithelp vanaand nie.” “Maar ek móét daar uithelp,” antwoord hy geïrriteerd terug, “Ek het reeds gesê ek sal.” Ek is ’n ma van vier bedrywige kinders. Ek werk spesiaal halfdag, en word gevolglik vir ’n halfdag betaal (dis nie asof ek niks opoffer nie), sodat ek hulle by al hulle naskoolse aktiwiteite kan uitkry. Baie dae is besonderlik uitdagend en jaag ek myself werklik kapoet agter hulle aan. ...

16 Maart 2022 · 5 min · 995 woorde · martmarib
293125756_454413693334982_2990975423105711473_n

SARIE Tydskrif Artikel

https://www.netwerk24.com/sarie/gesondheid/leserstorie-eks-80-kg-ligter-20220314

04 Maart 2022 · 1 min · 1 woorde · martmarib