Riglyne Rondom Gesond Eet 11

Riglyne Rondom Gesond Eet #11

Vitamien C is seker die “gesig” van die vitamiene - die bekendste een. Vitamien C is ’n water oplosbare vitamien en kom in amper alle vars groente en vrugte voor, maar veral in veselperskes, sitrus vrugte, aarbeie, rooi soetrissies, kruisbloemige groente (kool, brokkoli, blomkool en brusselse spruite), tamaties en aartappels. Omdat vitamien C water oplosbaar is, stoor die liggaam dit nie. Dit moet dus elke dag ingeneem word. Die bekendste funksies van vitamien C is om die immuunstelsel te ondersteun en siektes te voorkom asook om die liggaam te help herstel. Vitamien C is ook nodig om yster te help absorbeer en jy mag dalk al raakgesien het dat baie yster aanvullings ook vitamien C bevat. Dan is hierdie vitamien ook ’n kragtige anti-oksidant wat veroudering kan teenwerk. ...

08 Desember 2022 · 2 min · 316 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 10

Riglyne Rondom Gesond Eet #10

Meeste mense se verstaan van vitamien D is dat dit van die son af kom en nie uit voedsel nie. Alhoewel dit waar is dat ons vitamien D van die son af kry, is daar wel ook voedsel bronne wat vitamien D bevat. Voorbeeld hiervan is olierige vis, eiergeel, lewer en rooivleis. Heelwat voedsel, veral ontbytgrane, margarine en vrugtesappe, word verryk met vitamien D. Vitamien D help met die absorpsie van kalsium en fosfor vir sterk bene en tande, en ondersteun die immuunstelsel. Dit help ook met jou gemoedstoestand en verminder depressie. Navorsing het selfs al bewys dat vitamien D gewigsverlies ondersteun. ...

06 Desember 2022 · 1 min · 201 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 9

Riglyne Rondom Gesond Eet #9

Vandag se stukkie handel oor die B-vitamienes. Daar is baie van hulle: B1, B2, B3, B5, B6, B7, B9 en B12. Daar is wel ook B4, B8, B10, B11 en B13+ wat ander mikro nutriënte is, maar nie as vitamienes geklassifiseer word nie. Die B-groep mikro nutriënte is dus ’n groot groep, en hulle is almal water oplosbaar. Die B-groep nutriënte kom in ’n verskeidenheid van voedsel voor — soos groen groente, heel grane, neute, peul groente, brouers gis, suiwel en vleis. Omdat die B-groep vitamienes water oplosbaar is, word dit wat jy te veel van inneem deur die liggaam uitgeskei. Hulle word dus nie gestoor nie. Ek het al ’n dokter gehad wat vir my gesê het dat aanvullings soms net duur urine tot gevolg het — wat waar is as mens reeds voldoende vitamienes uit jou dieet uit inkry. ...

04 Desember 2022 · 2 min · 329 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 8

Riglyne Rondom Gesond Eet #8

Vitamien A is ’n vet-oplosbare vitamien waarvan ekstra in die liggaam gestoor word. Meeste mense reken vitamien A is net daar vir oog gesondheid, maar vitamien A speel ook ’n rol in sel groei, fetus ontwikkeling, reproduksie, ondersteun die immuunstelsel en vel en haar gesondheid. Vitamien A kom natuurlik as retinol in ’n verskeidenheid van voedsel soos suiwel, lewer en vis voor. Baie groente en vrugte bevat karotenoïede, wat ook ’n vorm van vitamien A is. Dis gewoonlik die oranje groente en vrugte asook die donker blaargroente. ’n Dieet hoog in karotenoïede word geassosieer met ’n laer risiko vir siektes soos diabetes, long kanker en hart siektes. ...

03 Desember 2022 · 1 min · 205 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 7

Riglyne Rondom Gesond Eet #7

Ek het Biologie geneem in die hoërskool — tot graad 12 toe. Tóé het ek nog drome gehad daarvan om dalk eendag medies te gaan studeer; ek wou graag my opsies oophou. Dít het natuurlik nooit gerealiseer nie, maar ek glo darem nie dat om Biologie te gestudeer het ’n fout was nie. Dit was ’n ervaring en ek het vreeslik baie lewensvaardighede geleer. Iets wat ek nou nog onthou is hoe ons rympies gemaak het om al die verskillende vitamienes te leer en hoekom elke vitamien belangrik is. Toe ek navorsing doen vir vandag se stukkie, het ek weer aan hierdie rympies gedink. ...

30 November 2022 · 2 min · 312 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 6

Riglyne Rondom Gesond Eet #6

Ons het reeds geleer dat wanneer die liggaam kos verteer, kalorieë vrygestel word wat as energie gebruik kan word. Ons het ook geleer dat oortollige kalorieë as vet gestoor word. Jy kan alleenlik van hierdie “gestoorde kalorieë” ontslae deur dit te gebruik (verbrand), en dit gebeur net wanneer jou liggaam energie benodig wat dit nie op ’n ander manier kan kry as om dit daar te gaan soek nie. Daar is drie komponente wat jou liggaam vir energie kan verbrand: koolhidrate (glukose en glikogeen), vet en spiere. ...

29 November 2022 · 3 min · 472 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 5

Riglyne Rondom Gesond Eet #5

Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry. Verskillende kos bevat verskillende aantal kalorieë, is nie ewe dig in kalorieë nie en het ook nie dieselfde voedingswaarde per kalorie nie. Wanneer jy egter meer kalorieë inneem as wat jou liggaam nodig het, skei jou liggaam nie die oortollige kalorieë uit nie. Nee, jou liggaam bêre daardie oortollige kalorieë as vet. Vet is dus energie wat gestoor word. ...

28 November 2022 · 2 min · 271 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 4

Riglyne Rondom Gesond Eet #4

Ons liggaam het energie nodig vir ons basiese lewensprosesse - soos ons hartklop, asemhaling, spysvertering en bloed sirkulasie - en om te kan beweeg. Mense is nie soos plante wat energie van die son af verkry nie. Ons moet die energie wat ons nodig het inneem deur om te eet. Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry. Energie word in kalorieë gemeet. Kalorieë is nie die enigste eenheid waarin energie gemeet kan word nie. Trouens, dis nie eers die metrieke eenheid vir energie nie, Joule is die metrieke eenheid vir energie. Kalorieë is wel ’n algemene eenheid en om verwarring te voorkom gaan ek nie oor Joule ook praat nie. Weet net dat kalorieë en Joule beide eenhede is om energie in meet – dit beteken dieselfde ding en mens kan tussen die eenhede oorskakel. ...

26 November 2022 · 2 min · 292 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 3

Riglyne Rondom Gesond Eet #3

Ek kan nie alles wat my liggaam nodig het om van te lewe self produseer nie, daarom moet ek eet en drink. Om te verseker dat my liggaam optimaal kan funksioneer moet ek inneem wat dit nodig het. Wat het my liggaam nodig? Ons heel basiese fisiese liggaamlike behoeftes is die volgende: Energie (brandstof) Vitamienes Minerale Proteïne Vette Koolhidrate en Water ’n Gesonde dieet sluit al die bogenoemde in. Die liggaam benodig wel nie presies ewe veel van alles nie, en dít is gewoonlik waar die geneuk inkom. ...

25 November 2022 · 2 min · 220 woorde · martmarib
Riglyne Rondom Gesond Eet 2

Riglyne Rondom Gesond Eet #2

Dis altyd goed om te begin met ’n hoekom-vraag. Só ook, voel ek, in die geval van gesond eet. Hoekom moet jy eet? Die eenvoudigste antwoord hierop is seker: “Ek moet eet omdat my liggaam kos nodig het.” En dít is waarskynlik een van die redes waarom ’n kosverslawing so vreeslik moeilik is om te bestuur - want jy word elke dag met voedsel gekonfronteer. Dis nie iets wat jy kan vermy nie. Nee, jy moet leer om daarmee saam te lewe. ...

24 November 2022 · 1 min · 163 woorde · martmarib