Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #22

Ek het nou net een van die Bloedskenk se Yster-pilletjies gedrink en gedink hoe vreemd dit is dat die spoor-minerale almal so saam gegroepeer word – so amper asof hulle nie só belangrik is wat die ander minerale is nie. Tóg is Yster spesifiek iets wat ek amper my hele lewe lank al mee sukkel en vir my is dit wel ‘n baie belangrike nutriënt.

Spoor-minerale word so genoem omdat die liggaam nie baie daarvan nodig het nie – hierdie is ‘n geval van klein maar kragtig. Van die spoor-minerale is onder andere Yster, Sink, Selenium, Mangaan, Koper, Jodium en Fluoried.

Yster is nodig vir die vervaardiging van hemoglobien wat suurstof in die bloed vervoer. Goeie bronne: donker-groen blaargroente, rooivleis, vis en boontjies.

Sink ondersteun die immuunstelsel, groei, ontwikkeling en genesing. Sink werk ook vir genesing wanneer dit uitwendig aangewend word. Goeie bronne: oesters, rooi vleis, pluimvee, boontjies, neute en volgrane.

Selenium help met die sintese van hormone in die skildklier, ondersteun die immuunstelsel en is ‘n anti-oksidant. Goeie bronne: seekos, pluimvee, neute en eiers.

Mangaan help om sterk bene te bou, koolhidrate te verteer en bloedsuiker te reguleer. Goeie bronne: volgrane, neute, tee en groen blaargroente.

Koper help met die produksie van rooi bloedselle, die vorming van kollageen en die instandhouding van gesonde senuwee selle. Goeie bronne: skulpvis, lewer, neute, sade en donker sjokolade.

Jodium is essensieel vir hormoon produksie wat metabolisme en groei reguleer. Goeie bronne: seekos, suiwel en eiers.

Fluoried is nodig vir sterk bene en tande. Goeie bronne: seekos en tee. Kraanwater word ook met Fluoried verryk asook meeste tandepasta.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>