Blog
Mart-Mari Breedt  

Introspeksie

Ek wil jou iets van introspeksie vertel: dis nie maklik nie. Dis nie ‘n antwoord of iemand wat sê daar is jou probleem, en wanneer jy dit weet dan kan jy daarop ‘n pleister gaan plak en dit word gesond nie.

Nee. Introspeksie is moeilik. Dis ure lank in jou eie geselskap sit en dinge oordink en analiseer. Dis goed wat jy lankal van vergeet het gaan oopkrap en jouself toelaat om weer daardie seer te herleef. Dis jou “A-ha”-oomblikke en ontdekkinge met iemand anders met meer insig deel, so rou en seer as wat dit ook al mag wees. Dis ‘n diep, intense en passievolle soeke na verstaan, begrip en genesing. Dis om empatie met jouself te hê.

Baie mense kom na my toe met gevoelens van ‘nie goed genoeg nie’, ‘niemand wil saam met my wees nie’, ‘ek is ‘n mislukking’ en dit is nie moontlik vir my om sommer net te kan sê wat die rede is waarom hulle so voel, óf om hulle vermoede wat die rede is te bevestig nie. En selfs al is daar ‘n oorspronklike rede, wat amper altyd die geval is, lê die genesing steeds in die fyn detail. Mens moet teruggaan en na spesifieke gebeurtenisse gaan kyk vir leidrade. Wat het gebeur? Wie was betrokke? Hoe het jy gereageer? Hoekom het jy so gereageer? Wat sou ‘n beter reaksie gewees het? Wat het in die dae en weke daarna gebeur? Hoe was dit verwant aan wat gebeur het? Hoe trek wat gebeur het terug na iets wat in die verlede gebeur het? Hoe trek goed wat daarna gebeur het terug?

Introspeksie is nie ‘n eendag antwoord en dan verstaan jy jou probleme en dit gaan nie meer by jou kom spook of jou gevange hou deur jou toekomstige reaksies of gedrag te bepaal nie. Introspeksie, begrip en genesing is ‘n proses – ‘n lang proses. Dis iets waarmee ek self nog besig is en waarskynlik vir die res van my lewe mee sal besig wees.

Selfliefde, selfwaarde, selfrespek en selfvertroue is die vrugte van genesing, en selfs dit is nie goed wat jy ontvang en dan vir altyd en altyd “het” nie.

Daar is mense wat lyk asof hulle nooit so gebreek was nie, en asof hulle alles weet en alles kan doen en perfek is. Ek weet nie of ek oortuig is van die mense se bestaan nie… Ek dink ons is almal maar gebroke mense wat probeer om die beste weergawe van onsself te wees, en van ons moet nog leer wat daardie beste weergawe is of waar om dit te gaan kry.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>