Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #20

Kalium is dalk beter bekend onder sy Engelse naam, Potassium, en is ‘n mineraal wat die liggaam nodig het om gesond te bly. Kalium word ook soms as ‘n elektroliet beskryf omdat dit ‘n klein elektriese lading dra wat nodig is vir sel en senuwee funksie.

Kalium kan help met die regulering van bloeddruk veral deur die negatiewe effek van Natrium teen te werk. Behalwe vir die regulering van bloeddruk kan Kalium ook help om ‘n hoër been mineraal digtheid te handhaaf en nierstene wat gevorm word a.g.v. te veel Kalsium te voorkom.

Geprosesseerde voedsel is gewoonlik nie hoog in Kalium nie omdat die prosessering van voedsel die mineraal vernietig. Omdat Kalium help om Natrium uit te skei is dit wys om seker te maak om genoeg Kalium in te neem wanneer jou dieet hoog in Natrium is. Goeie bronne van Kalium is droë vrugte, veral droë appelkose, en peulgroente. Hardlopers mag veral piesangs erken as ‘n goeie bron van Kalium en dis nie vreemd om piesangs te sien op die gasvryheidstafels ná ‘n resies nie.

‘n Tekort aan Kalium kan hoë bloeddruk, nierstene en lae vlakke van been Kalsium tot gevolg hê. ‘n Skielike oormaat aan Kalium kan hart palpitasies, kortasem en borspyn veroorsaak.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>