Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #6

Ons het reeds geleer dat wanneer die liggaam kos verteer, kalorieë vrygestel word wat as energie gebruik kan word. Ons het ook geleer dat oortollige kalorieë as vet gestoor word.

Jy kan alleenlik van hierdie “gestoorde kalorieë” ontslae deur dit te gebruik (verbrand), en dit gebeur net wanneer jou liggaam energie benodig wat dit nie op ‘n ander manier kan kry as om dit daar te gaan soek nie.

Daar is drie komponente wat jou liggaam vir energie kan verbrand: koolhidrate (glukose en glikogeen), vet en spiere.

Wanneer jy voedsel inneem, gebruik jou liggaam heel eerste die energie van die koolhidrate wat jy geëet het – glukose. Dis omdat koolhidrate die maklikste afbreek na kalorieë toe.

Die liggaam se volgende energie bron is die glikogeen wat in jou spiere en lewer gestoor word. Jou glikogeen reserwes hou tipies nie langer as 24 uur nie.

Wanneer daar geen meer glukose of glikogeen energie oor is om te gebruik nie, begin die liggaam vet verbrand vir energie – óók vet wat gestoor word.

Die liggaam se heel laaste opsie vir energie is om spiere te begin afbreek in aminosure in vir energie. Hierdie gebeur egter slegs in gevalle van uiterste uithonger. Tog… soms sal mense sê hulle verloor spiermassa a.g.v. ‘n dieet. Die rede hiervoor is nie dat hulle liggame besluit om spiere te begin afbreek vir energie nie, maar eerder dat hulle liggame nie voldoende voeding (proteïene en energie) inneem om spiere te herstel nie. Die skade wat aan hulle spiere aangerig word, soos deur oefening en beweging, bly en só word hulle swakker en verloor spiermassa.

‘n Praktiese voorbeeld:

As hardlopers gebruik ons die koolhidrate wat ons inneem tydens en net voor ons draf, asook ons gestoorde glikogeen vir energie. Dit neem te lank vir die liggaam om vet te verbrand vir energie om dit dadelik tot ons beskikking kan hê tydens ons draf. Jy mag dalk al gehoor het dat hardlopers praat van hulle het ‘n “muur” getref tydens ‘n resies. Dit beteken hulle het geen meer glikogeen oorgehad vir energie nie en kon gevolglik nie verder beweeg nie. Dis hoekom resies voeding so vreeslik belangrik is.

Wanneer ons “carbo load” beteken dit dat ons, ons glikogeen reserwes so hoog as moontlik probeer opbou voor ‘n resies.

Nog ‘n deel van hardloop voeding is om dadelik na ‘n resies te begin aanvul met proteïene om sodoende die herstel proses vir ons spiere te begin en te verhoed dat ons spiermassa verloor.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>