
Die Beste Soort Vriend
Verlede week het ek iets tydens een van my hardloopsessies gedoen wat ek nie gewoonlik doen nie. Ek en ’n vriend het gereël om saam te gaan hardloop en agterna koffie te gaan drink. (Baie keer dink ek die enigste rede waarom ons eintlik hardloop, is vir die koffie agterna.) Omdat ons teen baie verskillende tempo’s hardloop, is ons reëling gewoonlik dat ons dieselfde roete in teenoorgestelde rigtings hardloop. Op daardie manier sien ons mekaar darem ’n paar keer in die verbygaan, maar ek hou hom nie terug nie. ...







