Riglyne Rondom Gesond Eet 23

Riglyne Rondom Gesond Eet #23

Dis dalk meer kompleks en minder rigied, maar ’n gesonde eetplan is soortgelyk aan die resep om ’n koek te bak. Los een bestanddeel uit of vervang iets met iets anders, en die koek gaan waarskynlik flop. (Soos wat ék onlangs geleer het toe ek my uiters betroubare Wortelkoek resep probeer aanpas het.) In hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks is daar dusver baie gekyk na mikro-nutriënte - dit sal nou seker wees soos die bakpoeier en die knippie sout in ’n resep. ’n Gesonde eetplan bestaan egter ook uit makro-nutriënte, en nog ander elemente waarby ons later gaan uitkom, soos Proteïne, Koolhidrate en Vette, wat ook belangrik is en elkeen ’n doel verrig - ja, selfs vette en koolhidrate. ...

01 Junie 2023 · 2 min · 356 woorde · Mart-Mari
Introspeksie

Introspeksie

Ek wil jou iets van introspeksie vertel: dis nie maklik nie. Dis nie ’n antwoord of iemand wat sê daar is jou probleem, en wanneer jy dit weet dan kan jy daarop ’n pleister gaan plak en dit word gesond nie. Nee. Introspeksie is moeilik. Dis ure lank in jou eie geselskap sit en dinge oordink en analiseer. Dis goed wat jy lankal van vergeet het gaan oopkrap en jouself toelaat om weer daardie seer te herleef. Dis jou “A-ha”-oomblikke en ontdekkinge met iemand anders met meer insig deel, so rou en seer as wat dit ook al mag wees. Dis ’n diep, intense en passievolle soeke na verstaan, begrip en genesing. Dis om empatie met jouself te hê. ...

26 Mei 2023 · 3 min · 434 woorde · Mart-Mari
Uitreksel

Die (On)Natuurlike Goed

Ek sê soms vir my hardloop afrigter: “Dit voel vir my asof al die ander hardlopers hierdie hardloop ding heeltemal bemeester het. Hoekom sukkel ek so? Hardloop is dan tog iets wat natuurlik moet wees.” En sy sal antwoord: “Dis nie waar nie. Almal sukkel! En om goed te kan hardloop is iets wat mens moet leer om te kan doen.” Met eet het dit ook vir my so gevoel - dalk nou nog… Alhoewel ek ook sal erken dat dit die laaste tyd vir my voel asof ek wel besig is om my ritme te vind. ...

19 Mei 2023 · 1 min · 153 woorde · Mart-Mari
Die beste is nog op pad

Die beste is nog op pad

My jongste het gisteraand by ’n maatjie oorgeslaap. Haar maatjie se mamma het foto’s aangestuur van die feestelikhede en ek het vir ’n hele rukkie na die glimlaggende graad 3 gesiggies in gedagte gestaar. Hulle lewenspaaie is nou al vir ’n paar jaar al verweef - van babasentrum tye, na voorskool en later laerskool. Daar was heelwat geleenthede gedurende hierdie jare vir nuwe dinge begin en bang wees. Voorskool toe gaan. Laerskool toe gaan. Eerste keer ’n toespraak voordra. Eerste keer gaan oorslaap. Nietemin - hier is hulle nou: glimlaggende gesiggies op my foon. ...

07 Mei 2023 · 2 min · 360 woorde · Mart-Mari
Keuses

Keuses

Ek dink ons almal wil graag gemaklik lewe. Dis egter onmoontlik vir die lewe om altyd gemaklik te wees. Baie keer is die lewe moeilik, seer of uitdagend. Ek koester die dae wat ek wel net rustig kan wees met ’n boek om te lees en nie veel om te doen nie. Maar sulke dae kan ook nou nie elke dag wees nie - daarvoor sal ek tog wel moeg raak. ...

08 April 2023 · 3 min · 476 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 22

Riglyne Rondom Gesond Eet #22

Ek het nou net een van die Bloedskenk se Yster-pilletjies gedrink en gedink hoe vreemd dit is dat die spoor-minerale almal so saam gegroepeer word – so amper asof hulle nie só belangrik is wat die ander minerale is nie. Tóg is Yster spesifiek iets wat ek amper my hele lewe lank al mee sukkel en vir my is dit wel ’n baie belangrike nutriënt. Spoor-minerale word so genoem omdat die liggaam nie baie daarvan nodig het nie – hierdie is ’n geval van klein maar kragtig. Van die spoor-minerale is onder andere Yster, Sink, Selenium, Mangaan, Koper, Jodium en Fluoried. ...

03 April 2023 · 2 min · 324 woorde · Mart-Mari
Hoe bly mens gemotiveerd

Hoe bly mens gemotiveerd?

In die eerste plek is dit moeilik om konsekwent en met motivering ’n onvolhoubare dieet te volg. Mense is geneig om dieet as tydelike marteling te sien wat nou maar verduur moet word totdat die kilogramme verdwyn het. Ek en my sussie het al in die verlede vir mekaar gesê ons wens ons kan net gewig verloor sodat ons weer “normaal” kan eet. Ons idee van normaal was egter heeltemal verwronge. Kies om ’n leefstyl verandering te maak. ...

27 Maart 2023 · 1 min · 169 woorde · Mart-Mari
337395367_161387386821694_352022808423153343_n

Rapport - 26 Maart 2023

Wat ’n groot voorreg is hierdie nie. By die vulstasie vanoggend het ek eers vir die kassiere gewys ek is op die voorblad. Ek het ook ’n ekstra koerant gekoop om vir Graham te neem by die klub. Dankie Rapport en Hanlie Retief. Skakel na die artikel: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/profiele/kyk-hanlie-ma-verloor-80-kg-en-hardloop-n-marathon-20230326

26 Maart 2023 · 1 min · 48 woorde · Mart-Mari
Riglyne Rondom Gesond Eet 21

Riglyne Rondom Gesond Eet #21

Die ander helfte van gewone tafelsout (NaCl) is Chloried. Chloried is net so belangrik as wat Natrium is en help om die hoeveelheid vloeistof asook die tipe nutriënte wat deur selle opgeneem word te reguleer. ’n Belangrike deel van maagsuur (HCl) is Chloried, en só is Chloried dan ook nodig vir die afskeiding van maagsuur en die handhawing van suurvlakke. Ander funksies van Chloried sluit in: Werk saam met Natrium om die liggaam se elektroliet balans te handhaaf Fasiliteer die vloei van suurstof en koolstofdioksied binne selle Stimuleer die funksionering van senuwee- en spierselle Is nodig vir gesonde vel en hare Ondersteun die immuunstelsel Omdat Chloried gewoonlik saam met Natrium geabsorbeer word is die twee se vlakke meestal natuurlik in balans. Net soos in die geval van Natrium is te veel Chloried ook nie gewens nie. ...

20 Maart 2023 · 1 min · 196 woorde · Mart-Mari
Hoe om emosionele eet aan te spreek

Hoe om emosionele eet aan te spreek

Identifiseer die emosies wat jou dryf om te eet. Hou ’n joernaal en kyk of jy moontlike patrone kan raaksien. Sodra jy weet wat jou snellers is kan jy beplan om daarom te werk In plaas daarvan om jouself tot kos te wend, kyk of jy iets anders kan inspan - soos oefening of meditasie. Wees bewus van wat jy in jou mond sit. Eet stadig en met aandag - moet byvoorbeeld nie voor ’n TV eet óf in gedagte weglê nie. ...

18 Maart 2023 · 1 min · 182 woorde · Mart-Mari