Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #14

Minerale is die tweede groep mikro-nutriënte wat ons liggaam van iewers af moet inneem. Daardie “iewers” is deur dit wat ons eet en drink.

Minerale is soliede elemente wat natuurlik voorkom en is nie-organies – bedoelende minerale is nie lewende materiaal of materiaal wat groei nie.

Die minerale wat ons liggaam so bietjie meer van nodig het is:

Magnesium
Kalsium
Fosfor
Swael
Natrium
Kalium
Chloried

En dan het ons ook hierdie spoor-minerale nodig:

Yster
Selenium
Sink
Mangaan
Chroom
Koper
Jodium
Fluoried
Molibdeen

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>