Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #21

Die ander helfte van gewone tafelsout (NaCl) is Chloried. Chloried is net so belangrik as wat Natrium is en help om die hoeveelheid vloeistof asook die tipe nutriënte wat deur selle opgeneem word te reguleer. ‘n Belangrike deel van maagsuur (HCl) is Chloried, en só is Chloried dan ook nodig vir die afskeiding van maagsuur en die handhawing van suurvlakke.

Ander funksies van Chloried sluit in:

  • Werk saam met Natrium om die liggaam se elektroliet balans te handhaaf
  • Fasiliteer die vloei van suurstof en koolstofdioksied binne selle
  • Stimuleer die funksionering van senuwee- en spierselle
  • Is nodig vir gesonde vel en hare
  • Ondersteun die immuunstelsel

Omdat Chloried gewoonlik saam met Natrium geabsorbeer word is die twee se vlakke meestal natuurlik in balans. Net soos in die geval van Natrium is te veel Chloried ook nie gewens nie.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>