
Om vir ’n “Kwêk! Kwêk!” te vra
So nou en dan tref ek ’n muur. Dit voel asof ek al alles probeer het, die probleem van elke moontlike hoek af benader het, en asof net mooi niks werk nie. Die probleem voor my voel swaar en onoplosbaar — ek brand vas. Teen dié tyd het ek geleer dat die uitweg nie altyd is om harder te probeer nie. Soms is dit eerder om te praat. Hardop te praat. ...