
Wanneer Alles Terselfdertyd Verander
Sjoe, hierdie jaar het met ’n knalskoot begin. My skoonpa is oorlede die dag voordat my man en ek weer werk toe sou terugkeer ná ons Desember- en Januarieverlof. Al was hy reeds ’n geruime tyd siek, was dit steeds ’n groot skok vir ons almal. Ek het reeds albei my ouers verloor, maar vir my man is dit sy eerste ervaring van die verlies van ’n ouer, en dit is hartverskeurend om te sien hoe hy hierdeur gaan. En laat ek nie eers begin oor hoe dit vir ons kinders was nie. ...