
Woensdag, 23 November 2022
Die liewe vinnige einde (vervolg) Vanoggend se oefensessie was besonderlik uitdagend. Jateen het dit goed gedink om vir my presies dieselfde sessie spesifikasie as laas week Woensdag te gee - wat ek reken ’n goeie ding is. Ek sukkel om te versnel gedurende die laaste derde van ’n hardloop sessie. En as sagteware ingenieur glo ek dat een van die maniere om ’n probleem aan te spreek, is om jouself so gereeld as moontlik daarmee te konfronteer. Dus … my houding vanoggend was om die bul by die horings te pak en vandag se uurlange “vinnige einde”-sessie my alles te gee. ...






