
Woensdag, 26 Oktober 2022
Ek voel nog nie 100% na laas naweek se marathon nie. Die moegheid vang my nog – ek sal maklik die hele dag om slaap indien ek die kans gegun sou word - en ek is verbaas om bietjie na-marathon “blues” te hê. Ek vermoed dat ek heelwat sout verloor het tydens die marathon. Ek sukkel normaalweg met sout en lae bloeddruk, maar voel uitermatig sleg ten spyte daarvan dat ek doelbewus sout probeer aanvul. Ek ondervind ook dat ek nog steeds sukkel met swelling, wat blykbaar ook verwant kan wees aan lae sout. Ek hou al hierdie goed so goed as wat ek weet hoe dop, en ek reken as ek volgende week nog steeds so voel dan moet ek maar professionele hulp inwin. ...







