Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #24

Die voedsel piramide was deel van my graad 3’tjie se lewensvaardighede werk verlede week. Hulle leer dat proteïene soos boublokkies is, en dat dit is wat ons liggaam gebruik om ander selle mee te maak.

Dis waar. Proteïene is ‘n essensiële nutriënt – ‘n boublok – wat ons liggaam nodig het nuwe selle te vervaardig en beskadigde selle te kan vervang. Elke liewe sel in ons liggaam bevat proteïene.

Proteïene bestaan uit aminosure wat in lang kettings aanmekaar vas is. Daar is twintig verskille tipes aminosure en die orde en kombinasie van aminosure is wat die funksie van proteïene bepaal. Ons liggaam het al twintig verskillende aminosure nodig, maar kan nege van hierdie twintig nie self vervaardig nie. Dit beteken dat ons hierdie nege moet inneem deur dit wat ons eet. Hierdie nege aminosure staan bekend as die essensiële aminosure.

Voedsel wat al nege essensiële aminosure bevat word volledige proteïne genoem. Voorbeelde van volledige proteïne is vleis, vis, eiers, suiwel, soja, quinoa en bokwiet. Voedsel wat van die essensiële aminosure bevat, maar nie almal nie, word onvolledige proteïne genoem en is byvoorbeeld neute, sade, boontjies en sekere grane.

Iemand wat geen dier-afkomstige proteïne eet nie moet veral daarop let om proteïene van verskeie bronne af in te neem sodat al die essensiële aminosure ingeneem kan word. Daar word wel beweer dat nie-dier-afkomstige proteïne makliker deur ons liggaam geabsorbeer word.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>