Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #23


Dis dalk meer kompleks en minder rigied, maar ‘n gesonde eetplan is soortgelyk aan die resep om ‘n koek te bak. Los een bestanddeel uit of vervang iets met iets anders, en die koek gaan waarskynlik flop. (Soos wat ék onlangs geleer het toe ek my uiters betroubare Wortelkoek resep probeer aanpas het.)

In hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks is daar dusver baie gekyk na mikro-nutriënte – dit sal nou seker wees soos die bakpoeier en die knippie sout in ‘n resep. ‘n Gesonde eetplan bestaan egter ook uit makro-nutriënte, en nog ander elemente waarby ons later gaan uitkom, soos Proteïne, Koolhidrate en Vette, wat ook belangrik is en elkeen ‘n doel verrig – ja, selfs vette en koolhidrate.

Soos wat daar verskillende resepte is, om byvoorbeeld ‘n sjokolade koek te bak, is daar ook verskillende eetplanne. Meeste eetplanne verskil in hulle verhouding van proteïne tot koolhidrate tot vette. Dis dan ook waar die afkortings LCHF (low carb, high fat), LCHP (low carb, high protein) , LF (low fat), LC (low carb) en LFHC (low fat, high carb) vandaan kom.

Baie mense glo die oplossing vir hulle gewig-probleem lê in hulle volgende dieet, en is dan ook lief daarvoor om van die een tendens na die volgende nuwer ene te spring – want die nuwe ene gaan beter werk… Wat ek egter besef het, en dis waar vir iets soos hardloop ook, is dat tendense en neigings die aandag weg neem van die basiese af. Ek kan byvoorbeeld kies om “lae hartklop”-oefeninge te doen en hoop dit gaan my vinniger laat hardloop, maar dis eintlik die basiese waaraan ek moet aandag gee – soos goeie postuur en tegniek. Die vraag is dan: “Wat is die basiese om reg te kry wanneer daar na eetplanne gekyk word?”


Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>