Blog
Mart-Mari Breedt  

Vrymoedig

Ek dink enige een wat sou loer waarvoor ek op Google soek gaan maar baie teleurgesteld wees: dis maar meestal ‘xxx in Afrikaans’ óf ‘xxx in English’. Een van my soektogte hierdie week was na ‘vrymoedig in English’, want die woord ‘vrymoedig’, van alle woorde, het by my vasgehaak en prut sedertdien nog al die pad in my kop.

Wat bedoel ons nou eintlik wanneer ons van vrymoedigheid praat? Die vryheid om moedig (óf dapper óf braaf) te wees – dis eintlik vreeslik mooi gestel en maak my opnuut weer verlief op Afrikaans, want die Engelse vertaling skiet hier baie te kort.

Ons kan iemand uitnooi om vrymoedig te wees: “Asseblief neem die vrymoedigheid om my te kontak indien jy met iets sukkel.” Of ons kan self vrymoedig wees: “Ek het die vrymoedigheid geneem en solank hierdie beplan.”

Hoe dit nou ook daarna uitsien, die woord ‘vrymoedig’ is verseker tweeledig met verwagtinge van beide die persoon wat vrymoedig optree én van die wat die aksie ontvang of observeer. Om braaf te wees is altyd goed, want geen groei of vooruitgang kan gebeur sonder om so bietjie bang of onseker te wees en ‘n tree buite jou gemaksone te gee nie. Maar om vrymoedig te kan optree is anders as om bloot net dapper wees. Dis braaf wees in ‘n veilige omgewing waar jou dapperheid welkom is en nie veroordeel gaan word nie. Dis hier waar ek reken die Engelse vertaling die pot sommer heeltemal mis sit, want boldness is nou net nie dieselfde nie.

“It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.” – Theodore Roosevelt

Mag ons minder krities en meer verwelkomend wees vir braaf wees en mense wat iets nuuts probeer, sodat meer mense voel hulle is vry om moedig te wees.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>