Blog
Mart-Mari Breedt  

Magspel

deur Mart-Mari Breedt

Nota: Ek het laasjaar hierdie stukkie erotiese fiksie geskryf en ek wik en weeg nou al baie lank of ek dit op my blog moet deel of nie. Ek skryf nie eintlik fiksie nie, maar ek wou probeer. Ek wou ook iets eroties skryf wat nie “te” is nie – romanties, maar sexy genoeg om die hart so bietjie vinniger te laat klop. Indien erotika jou glad nie aanstaan nie, moet asb nie die stuk lees nie. Dis verseker nie almal se koppie tee nie. Hou verby as jy ongemaklik daarmee voel.

Daar is ʼn litteken bo Paul se regteroog, ʼn eerstespan rugbybesering van baie jare gelede wat hy met trots dra — so sê hy. Chané het hom die storie al soveel keer hoor vertel. Sy soen die litteken met erkenning. Terwyl Paul in haar oë kyk, vind sy hande haar volronde borste. Hy glimlag en sy kan nie anders as om sy verleidelike kuiltjies opnuut raak te sien nie. Die kuiltjies ontvang ook elk ʼn soen. Chané is oortuig sy lyk soos ʼn neus-in-die-lug dame wat die leë lug aan beide kante van Paul se gesig probeer ‘Mwha! Mwha!’

ʼn Naak neus-in-die-lug dame! En sy lag vir die beeld in haar gedagtes.

“Is dit vir my wat jy so snaaks vind?”

“Nee, hoe sou ek jou dan nou snaaks vind? Jy, my liefste, is begeerlik en intens. Jy maak my net só gelukkig.”

Chané kry nie gereeld die geleentheid om haar man so intiem en tydsaam te ondersoek nie. Hulle liefdemaak sessies is gewoonlik maar afgejaag sodat hulle alles wat hulle wil inpas kan doen voor ʼn kind weer aan die kamerdeur klop. Vanoggend is die huis egter net hulle s’n. Dis ‘n sorgelose Saterdagoggend. Elke kind het gisteraand by ‘n maatjie oorgeslaap en hoef eers later opgelaai te word. Op hierdie Saterdagoggend is hulle is skroomloos roekeloos — met ʼn oop kamerdeur. Is dít wat roekeloos beteken wanneer mens in jou veertigs is?

Chané vryf haar hand oor Paul se dagoud baard — dit voel soos niks anders is vanoggend so belangrik vir my as jy nie, onder haar vingerpunte. Sy streel met dieselfde hand verder af oor sy bors. Sy weet sy tepels is besonder sensitief en dat hy nie altyd daarvan hou wanneer sy met hulle speel nie. Die versoeking is egter vir haar te groot. Met haar nael trek sy veerlig sirkelpatrone al om die een. Hy is vasgepen onder haar — vandag is sy in beheer.

Chané lag omdat Paul onder haar wriemel en haar hand probeer wegtrek. Met haar linkerhand en voorarm probeer sy sy besware wegdruk en gaan ondeund voort om hom met haar vingernael te terg. Die hoendervleis op sy voorarms en die hardheid van beide sy tepels verklap die uitwerking wat dié aksie op hom het. Hy druk en beweeg teen haar, sy kan voel dat sy tepels nie al is wat al hard is nie.

“Arggg, stop dit!”

“Hoekom?” tart Chané wulps terug.

“Jý, vroumens, maak my mal! Hoe is ek so gelukkig dat jy my vrou is?”

Paul slaan sy arms om Chané en met een beweging rol hy haar om op haar rug, hy pen haar hande vas bo haar kop. Sy gil van plesier, verras deur sy skielike magsvertoon.

“En nou?”

“Ek is ongelooflik baie lief vir jou,” antwoord hy bewonderend voordat hy haar soen. Eers haar mond, dan net onder haar oor, aan die regterkant van haar nek. Hy maak seker dat sy baardstoppels haar kielie. Nou is Chané die een met hoendervleis regoor haar lyf … die bordjies is verhang. Hy stop nie sy soene en baardstoppel-streling nie. Daar is geen deel van haar bolyf en borste wat nie deur sy mond gekoester word nie.

Chané smag daarna dat Paul haar moet penetreer sodat sy hom binne haar kan voel. Sy is meer as gereed om hom te ontvang. Dit voel vir haar asof al die bloed in haar lyf besluit het om tussen haar dye te vergader. Haar klitoris is hard en pols in afwagting.

Asof instinktief verskuif Paul sy fokus en soene se aanslag op haar kloppende klitoris. Met sy tongpunt pik-pik hy teen haar klitoris. Hy beweeg laer, sy tong sirkel die opening van haar vagina. Chané is oortuig dat as dit nie was dat Paul nog haar hande vaspen nie, hy sy vingers ook sou inspan om by haar g-kol uit te kom. Nou is sy egter bevoorreg om Paul se gespierde boarms en skouers te waardeer terwyl hy so hard besig is om te werk. Hy suig en soen en streel met sy tong — meesterlik en herhalend — totdat Chané nie anders kan as om oor te gee en die orgasme deur haar lyf te laat ruk nie. Dis op daardie oomblik wat hy haar penetreer. Chané is bewus van die welkome warmte en vullende gevoel van sy penis binne haar.

“Ek was onder die indruk dat dit vandag my beurt is om bo te wees?” vra Chané toe sy nie meer na haar asem hoef te snak nie.

“Ek dink nie jy en jou naels kan met só ʼn magsposisie vertrou word nie,” fluister Paul met sy lippe teen Chané se oor, voordat hy begin om een van haar tepels liggies tussen sy vingers rol.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>