Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #19

Natrium is ‘n sagte hoogsreaktiewe alkaliese silwer-wit metaal. Natrium kom algemeen voor as Natriumchloried; beter bekend as gewone tafelsout.

Die mens se liggaam het maar ‘n klein hoeveelheid Natrium nodig, so min as 500mg daagliks, en gebruik Natrium om senuwee impulse deur die liggaam te vervoer, om spiere te laat saamtrek en te laat ontspan asook om die water en minerale balans te handhaaf.

Te min Natrium kan mens moeg, afgemat, rusteloos en geïrriteerd laat voel. Krampe en spierspasmas is gewoonlik ook die gevolg. Na afloop van my marathon laasjaar kon ek letterlik die sout kristalle op my klere en skoene afvee en bymekaarmaak. Dis nou al baie maande later en ek sukkel nog steeds om my sout balans weer reg te kry.

Te veel Natrium het ook nie ‘n goeie reputasie nie en word geassosieer met water retensie, hoë bloeddruk, opgeblase gevoel en uiterste dors. Gereelde te veel Natrium kan ook nierstene veroorsaak.

Voedsel hoog in Natrium is die met bygevoegde sout soos gepekelde voedsel. Vrugte soos waatlemoen en spanspek is ook natuurlike goeie bronne van Natrium. Kokosneut water is ook ‘n wonderlike bron van Natrium en ander minerale.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>