Blog
Mart-Mari Breedt  

Hoe ontlont mens self-liefde?

Mense word met self-liefde gebore. Kinders (babatjies) is outomaties lief vir hulleself. Jy kan dit sien in hoe hulle vir hulleself in ‘n spieël sou kyk en lag. Wanneer hulle loop, dans of speel dan word dit met oorgawe gedoen – sonder om te bekommer wat ander mense van hulle dink. Selfs wanneer hulle praat is dit reguit en presies wat hulle wil sê. Kinders het nie ‘n bekommernis van ‘n dag oud oor wat ander van hulle dink nie; hulle dink hulle is oulik en die beste en dit wys in hulle optrede.

Maar soos wat ons ouer word, en dis nie eers veel ouer as babatjie stadium nie, begin die aksies en woorde van ander teenoor ons aan hierdie self-liefde wegvreet.

Ons word nie genooi na ‘n partytjie toe nie.
Geen maatjies wil met ons speel tydens pouse nie.
Iemand maak ‘n opmerking oor ons voorkoms.
Ons ouers raas met ons.
Ons druip ‘n toets.
Ons hakkel en die ander kinders lag vir ons.
Ons kêrels los ons.
Werksonderhoud ná werksonderhoud is onsuksesvol.
Mense behandel ons met disrespek ens.

Die houe wat die lewe uitdeel kan mens later laat glo dat jy oninteressant is, dat niemand tyd saam met jou wil spandeer nie, dat jy dom of lelik is en selfs dat jy nie waardig is om liefgehê te word nie. Lateraan kan jy jouself en jou liggaam begin haat.

Daar is niemand – nie een enkele mens – wat nie op een of ander punt in die lewe verwerp gaan word of iets gaan hoor wat seermaak nie. Sommige mense se geloof in hulleself en persoonlikheid is sterk genoeg om hierdie aanslae af te weer. Baie mense is gelukkig en het ‘n ondersteunings netwerk wat kan help deur bemoedigende woorde en dalk selfs fisiese hulp om daardie self-liefde tenkie weer vol te maak. (Terloops met my kinders sal ek baie keer hardop iets goed oor hulle sê teenoor iemand anders wetende dat hulle binne hoorafstand is.) Heelwat mense gryp na ‘n eksterne middel om hulle te sus en tydelik beter te laat voel. Daar is ook mense wat dieper en dieper in ‘n depressie gat in val.

Maar wat as mens na baie jare se afbreek by ‘n punt kom wat jy wil leer om weer lief te wees vir jouself. Hoe doen mens dit?

Ek het nie die antwoorde nie, iemand slimmer as ek weet dalk beter. Ek weet wel die volgende:

Dis nie ‘n oornag storie nie, jy gaan moet geduldig wees met jouself.
Die antwoord lê nie in ure se pamerlang, naels, mooi klere of grimering nie.
Iemand wat jou geweldig baie lief het en graag wil sien skitter help.
Iemand om lief te hê help.
Om die leuens wat jy oor jouself glo te lys, asook hoekom jy dit glo, en saam met iemand objektief deur te werk help.
Om te vergewe help.
Om jou goeie punte en talente te begin raaksien help.
Om die dinge waarvoor jy lief is te doen help.
Om doelwitte te hê om na te werk help.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>