Blog
Mart-Mari Breedt  

Seks ná seksuele trauma

Hierdie stukkie het ek vir iemand geskryf het wat vrae rondom seks na seksuele trauma gehad het. Haar, en baie ander vrouens, se siening is dat seks vuil en lelik is en iets is om oor skaam te wees. Sy wil ook nie eers probeer om orgasmes te ervaar en te geniet nie. Ek het dit met hierdie metafoor probeer verduidelik – dalk beteken dit ook vir iemand anders iets:

Veronderstel jy het ‘n pragtige ornamentele kas met glas deure en rakke – ‘n besondere mooi erfstuk. In hierdie kas hou jy die mooiste fyn porselein en ander kosbare items. Dis werklik iets om op trots te wees.

Nóú veronderstel baie jare terug het iemand hierdie kas vreeslik hard gestamp. Só hard dat van die fyn porselein koppies en pierings omgekantel het en nou tussen die glas rakke en die glas deurtjies vassit. Jy weet as jy die deurtjies gaan oopsluit dan gaan daardie koppies waarskynlik op die grond val en stukkend wees. So… nou los jy dit.

Die dag toe jy trou, toe neem jy jou glaskas met die omgekantelde porselein saam na jou nuwe huis toe. Sedertdien staan dit nou maar die hele tyd so. Jy kan nie wérklik jou glaskas met sy besondere items geniet en bewonder nie. Jou man en huis kry ook geen waarde uit dit uit nie. Eintlik is dit ‘n verleentheid – iets om skaam oor te wees en jy steek dit weg agter ander meubels. Dalk wens jy jy kan van hierdie oogseer ontslae raak.

As jy egter die noodlot sou aanvaar en die deurtjies oopsluit en die porselein wat gaan val toelaat om te val en klaar te kry. Gaan jy kan skoonmaak (jou man kan help) en jy en jou man en jou huis gaan hierdie kas kan waardeer en nuwe mooi items binne-in sit wat vir julle kosbaar is – en vergeet van die porselein wat in die proses moes breek.

Om die kas oop te maak gaan seer wees, maar dit wat die kas lelik maak moet uit. In die skoonmaak gaan van die stukke jou dalk sny – ek wens ek kon sê dit gaan maklik wees, maar ek kan nie.

Jy gaan egter nie weet wat hierdie kas vir jou kan beteken, totdat jy nie bereid is om dit oop te sluit en te begin gebruik en trots te wees daarop nie.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>