Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #15

Ek voel asof ek liries oor magnesium kan raak. Wanneer ek sukkel om te slaap, dan is magnesium daar. Wanneer my spiere moeg en seer is, gryp ek na magnesium. Dis seker dié mineraal waarmee ek die meeste aanvul alhoewel ek ook baie magnesium ryke voedsel probeer eet. Ek weet ek is nie die enigste hardloper wat op magnesium staatmaak nie.

Magnesium is ‘n metaal, ‘n baie sagte metaal. Van julle mag dalk ‘n Chemie onderwyser ‘n strokie magnesium onthou aansteek en die helder wit lig wat die gevolg daarvan was. Gelukkig hoef ons darem nie magnesium net so te eet nie – is kos nie wonderlik nie?

Voedsel wat magnesium ryk is, is neute, sade, peul groente, spinasie, soja, melk, kalkoen – goeie ding om te weet vir môre – en hawermout. Magnesium is belangrik vir vele metaboliese prosesse, help om jou hartklop te reguleer en om bloeddruk reëlmatig te hou. Magnesium help ook met herstel, gesond word en voorkoming van krampe. Magnesium kan deur die vel ook opgeneem word en dis waarom ek bv. in ‘n Engelse sout bad bad na ‘n lang hardloop.

Na bewering kry een uit elke drie volwassenes nie genoeg magnesium uit dit wat hulle eet nie.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>