Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #2

Dis altyd goed om te begin met ‘n hoekom-vraag. Só ook, voel ek, in die geval van gesond eet. 

Hoekom moet jy eet?

Die eenvoudigste antwoord hierop is seker: “Ek moet eet omdat my liggaam kos nodig het.”

En dít is waarskynlik een van die redes waarom ‘n kosverslawing so vreeslik moeilik is om te bestuur – want jy word elke dag met voedsel gekonfronteer. Dis nie iets wat jy kan vermy nie. Nee, jy moet leer om daarmee saam te lewe.

Die sleutel tot gesond eet lê in die verstaan van WAT jou liggaam nodig het en ook HOEKOM dit benodig word.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>