2022/2023 Training Cycle
Mart-Mari Breedt  

Sondag, 30 Oktober 2022

Ek voel dat wanneer ek 5 km (of korter) draf, ek my oranje marathon hempie moet aantrek. Dis sodat, wanneer ek afdraai by die 5 km bordjie, ander nie dink ‘Dis hoe vêr sy al kan draf’ nie. (Net ‘n grappie…) My man reken ek kan dit net vir een jaar doen anders begin dit raak soos iemand wat in 2023 nog ‘n 1999 jool hempie aantrek.

Vandag se oefening was 40-minute maklike draf. Ek het vir gedeeltes van vanoggend se draf myself wel so bietjie gedruk. Dis seker nie wat ek moes doen nie. Die voorskrif was dat vandag se sessie maklik moet wees. Ek neem aan dit beteken ek het vanoggend se oefening gefaal.

Soms raak die “maklik draf” ding frustrerend. Dis moeiliker nou om die proses te vertrou as wat dit was toe ek nog vir die marathon geoefen het. Ek reken ek draf so lank al meestal maklik dat ek nie meer weet hoe om myself te druk om vinniger te hardloop nie. En wanneer ek wel die kans kry of iets kry wat bietjie spoedwerk vereis, dan sien ek nie kans daarvoor nie.

Op die oomblik is dinge nie heeltemal soos ek dit graag wil hê nie, maar om dinge ryp te druk gaan seker ook nie help nie.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>