Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #25

Die liggaam gebruik proteïene vir:

  • die groei en herstel van weefsel, selle en spiere,
  • die instandhouding van gesonde vel, hare en naels,
  • die vervaardiging van hormone,
  • die vervaardiging van nie-essensiële aminosure,
  • die ondersteuning en bevordering van ‘n gesonde immuunstelsel,
  • die afbreek van voedsel en ondersteuning van ‘n gesonde spysvertering stelsel, en
  • as ‘n bron van energie

Om al hierdie funksies suksesvol te kan verrig is die aanbevole hoeveelheid per kilogram liggaamsgewig van elke essensiële aminosuur wat ons nodig het:

  • 14 milligram Histidine
  • 19 milligram Isoleucine
  • 42 milligram Leucine
  • 38 milligram Lysine
  • 19 milligram Methionine
  • 33 milligram Phenylalanine
  • 20 milligram Threonine
  • 5 milligram Tryptophan
  • 24 milligram Valine

Dis ‘n totaal van 214 milligram per kilogram liggaamsgewig – indien mens dit kon regkry om ‘n perfekte distribusie van essensiële aminosure in te neem. Omdat dit egter onmoontlik is om die perfekte distribusie van aminosure in te neem, word die aanbevole minimum hoeveelheid proteïene vir die gemiddelde sittende volwassene as 0.8 gram per kilogram liggaamsgewig gespesifiseer. Wat glad nie so baie is nie, maar dit is wel die minimum wat ons nodig het om die bogenoemde funksies te kan verrig en te keer dat ons siek word.

Die aanbevole minimum hoeveelheid proteïene is so min as 10% van die liggaam se totale energie behoefte, en daar word beweer dat die gemiddelde Amerikaner amper twee maal dit inneem. Ek kon nie inligting kry oor hoe daardie statistiek vir Suid-Afrikaners lyk nie.

Iemand wat meer aktief is het wel meer proteïene nodig afhangend van die hoeveelheid en tipe oefening. Die liggaam kan nie oortollige proteïene stoor nie. Enige oortollige proteïene sal gebruik word vir energie en uiteindelik as vet gestoor word.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>