Blog
Mart-Mari Breedt  

Hoe om emosionele eet aan te spreek

Identifiseer die emosies wat jou dryf om te eet. Hou ‘n joernaal en kyk of jy moontlike patrone kan raaksien. Sodra jy weet wat jou snellers is kan jy beplan om daarom te werk

In plaas daarvan om jouself tot kos te wend, kyk of jy iets anders kan inspan – soos oefening of meditasie.

Wees bewus van wat jy in jou mond sit. Eet stadig en met aandag – moet byvoorbeeld nie voor ‘n TV eet óf in gedagte weglê nie.

Moenie versoekings in jou koskas of andersins binne maklike bereik aanhou nie. Jy kan dit nie eet as jy dit nie koop nie. Hou “bederfies” ‘n bederf deur dit nie ‘n elke dag se storie te maak nie.

Slaap genoeg – dis makliker om elke dag se versoekings te weerstaan as jy goed uitgerus is.

Vra jou familie en vriende om jou te ondersteun.

‘n Berader sal jou kan help om by die wortels van jou emosionele eet uit te kom en dit te adresseer. Lees gerus my boek oor my proses om van my emosionele gewig ontslae te raak.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>