Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #18

Toe ek bietjie oor Fosfor gesels het nou-die-dag, het ek genoem dat Fosfor tweede volopste in die liggaam voorkom. Naas Fosfor is Swael die derde volopste. Swael is oral om ons in die lug en vernaam in die grond waarin ons kos groei – dít maak Swael deel van ‘n groot verskeidenheid van voedsel.

Ons liggame gebruik Swael vir vele funksies insluitend die bou en herstel van DNA en om ons selle te beskerm deur die rol wat dit speel in die vervaardiging van askorbaat – ‘n kragtige antioksidant.

Voedsel met ryk vlakke van Swael is veral vis en seekos, peulgroente, neute, sade en eiers. Drinkgoed soos water, wyn en bier bevat ook Swael.

‘n Sensitiwiteit of intoleransie vir Swael is gewoonlik eerder ‘n sensitiwiteit vir Sulfiet: ‘n preserveermiddel afkomstig van Swael. Sulfiet word by vele produkte gevoeg om die produkte se raklewe te verleng, maar kan ook natuurlik vorm, soos tydens fermentasie.

Die liggaam reguleer Swael vlakke maar daar word beweer dat te veel Swael, veral deur drinkwater, maagongesteldhede kan veroorsaak.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>