Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #17

Naas Kalsium is Fosfor die mineraal wat die volopste in die liggaam voorkom. 85% van die liggaam se Fosfor word in die bene en tande gestoor.

‘n Tekort aan Fosfor, bekend as Hypophosphatemia, is raar vernaam omdat die vlakke van Fosfor in die liggaam deur die niere, bene en ingewande gereguleer word – bv deur dat minder Fosfor urine toe gaan wanneer die vlak sou daal. Die oorsaak van ‘n Fosfor tekort is dus altyd gekoppel aan ‘n onderliggende probleem.

Omdat Fosfor ‘n groot rol speel in die produksie van DNA en RNA, ons genetiese bou blokke, word Fosfor benodig vir die groei en herstel van alle selle en weefsel. Fosfor help ook om ons opname en gebruik van ander vitamiene en minerale te balanseer, ensieme te aktiveer en bloed pH te balanseer.

‘n Tekort aan Fosfor kan swak aptyt, anemie, swak spiere, seer bene of been siektes, deurmekaarheid en infeksies tot gevolg hê.

Fosfor kom natuurlik in proteïn-ryke kosse voor soos vleis, pluimvee, vis, neute, peulgroente en suiwel produkte. Daar is wel ook aanvullings vir Fosfor beskikbaar.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>