Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #16

Kalsium is seker een van die bekendste minerale en gewoonlik dan ook as dié mineraal vir sterk bene en tande.

Soos Magnesium is Kalsium ook ‘n sagte metaal. Wat ek onthou van Kalsium is dat ons onderwyser dit met ‘n mes kon sny, maar dat dit vinnig ‘n bruin oksied lagie gevorm het en ook met water gereageer het. Dit was glad nie ‘n mooi blink metaal nie. Kalsium kom egter nie natuurlik op sy eie voor nie, maar kombineer altyd met iets anders.

Goeie bronne van Kalsium is suiwel produkte, donker groen blaar groentes, kruisbloemige groente (kool, brokkoli, blomkool en brusselse spruite) en vis met sagte grate wat geëet kan word (soos sardientjies). Baie verskillende tipes voedsel, soos brood, sap en pap, word ook met Kalsium verryk.

‘n Baie belangrike stukkie inligting oor Kalsium absorpsie is dat Kalsium nie sonder Vitamien D opgeneem kan word nie.

Dit is waar dat Kalsium help met sterk bene en tande, maar dit beteken egter nie dat ‘n paar weke se ekstra Kalsium sterk bene tot gevolg gaan hê nie. Dis maar iets wat oor jare geneem behoort te word en selfs (veral) kinders het Kalsium nodig.

Kalsium help verder ook met:

  • Die kontraksie van spiere – hier werk dit saam met Magnesium wat spiere laat ontspan
  • Die instandhouding van ‘n gesonde metabolisme
  • Die vervoer van nutriënte, hormone en ensieme deur die bloed
  • Vermindering van PMS simptome soos water retensie, moegheid, ongemak en kosdrange
  • Spysvertering
  • pH handhawing (aangesien Kalsium alkalies is)
  • Hartgesondheid

Te veel Kalsium is egter nie wys nie aangesien daar vermoed word dat te veel Kalsium tot hart siektes kan lei asook tot ‘n hoër risiko vir prostaatkanker.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>