Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #13

Vitamien K is een van die minder bekende vet oplosbare vitamiene, maar nie minder belangrik nie. Omdat dit vet oplosbaar is, beteken dit die liggaam stoor hierdie vitamien en dit is dus moontlik om te kan oordoseer.

Goeie bronne van Vitamien K is groen blaargroente – ook die blare van groente soos rape en beet.

Vitamien K help met die verandering van die proteïen wat nodig is om bloed te laat stol. Vitamien K help ook met die binding en absorpsie van Kalsium in bene, bloed en ander weefsel. Dit was vir my interessant gewees om te lees dat persone wat bloed verdunners neem vernaam daarop moet let om hulle vitamien K inname konstant te hou – soos wat dit was toe hulle dosis voorgeskryf was.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>