Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #10

Meeste mense se verstaan van vitamien D is dat dit van die son af kom en nie uit voedsel nie. Alhoewel dit waar is dat ons vitamien D van die son af kry, is daar wel ook voedsel bronne wat vitamien D bevat. Voorbeeld hiervan is olierige vis, eiergeel, lewer en rooivleis. Heelwat voedsel, veral ontbytgrane, margarine en vrugtesappe, word verryk met vitamien D.

Vitamien D help met die absorpsie van kalsium en fosfor vir sterk bene en tande, en ondersteun die immuunstelsel. Dit help ook met jou gemoedstoestand en verminder depressie. Navorsing het selfs al bewys dat vitamien D gewigsverlies ondersteun.

Soos in die geval van vitamien A, is vitamien D ook vet oplosbaar wat beteken dat ons liggaam vitamien D kan stoor. Te veel vitamien D is toksies en kan simptome soos naarheid, dehidrasie, maagpyn, erge dors ens veroorsaak.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>