Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #9

Vandag se stukkie handel oor die B-vitamienes. Daar is baie van hulle: B1, B2, B3, B5, B6, B7, B9 en B12. Daar is wel ook B4, B8, B10, B11 en B13+ wat ander mikro nutriënte is, maar nie as vitamienes geklassifiseer word nie. Die B-groep mikro nutriënte is dus ‘n groot groep, en hulle is almal water oplosbaar.

Die B-groep nutriënte kom in ‘n verskeidenheid van voedsel voor — soos groen groente, heel grane, neute, peul groente, brouers gis, suiwel en vleis. Omdat die B-groep vitamienes water oplosbaar is, word dit wat jy te veel van inneem deur die liggaam uitgeskei. Hulle word dus nie gestoor nie. Ek het al ‘n dokter gehad wat vir my gesê het dat aanvullings soms net duur urine tot gevolg het — wat waar is as mens reeds voldoende vitamienes uit jou dieet uit inkry.

Ek het na my marathon in Oktober met water retensie gesukkel en toe begin om ‘n vitamien B6 aanvulling te drink, wat werklik help. Vir my maak dit logies sin dat mens na iets soos ‘n marathon, waartydens jy baie vloeistof verloor, ‘n rukkie dalk mag sukkel met ‘n tekort aan water oplosbare vitamienes. Ek glo wel ek sal die aanvulling staak wanneer ek dit eersdaags op gebruik het, en dan eers weer kyk hoe dit gaan.

Die B-vitamienes word deur die liggaam vir baie funksies gebruik en ‘n tekort kan van die volgende simptome veroorsaak:

  • Anemie
  • Depressie
  • Moegheid
  • Verswakte immuunstelsel
  • Metaboliese probleme — veral rondom die afbreek en absorpsie van voedsel
  • Groei en ontwikkelings probleme — Foliensuur (B9) veral is nodig vir ‘n fetus om te ontwikkel

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>