Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #8

Vitamien A is ‘n vet-oplosbare vitamien waarvan ekstra in die liggaam gestoor word.

Meeste mense reken vitamien A is net daar vir oog gesondheid, maar vitamien A speel ook ‘n rol in sel groei, fetus ontwikkeling, reproduksie, ondersteun die immuunstelsel en vel en haar gesondheid.

Vitamien A kom natuurlik as retinol in ‘n verskeidenheid van voedsel soos suiwel, lewer en vis voor. Baie groente en vrugte bevat karotenoïede, wat ook ‘n vorm van vitamien A is. Dis gewoonlik die oranje groente en vrugte asook die donker blaargroente. ‘n Dieet hoog in karotenoïede word geassosieer met ‘n laer risiko vir siektes soos diabetes, long kanker en hart siektes.

Omdat oortollige vitamien A gestoor word, is dit moontlik om oor tyd te veel vitamien A te hê. Dis hoekom aanvullings nie sommer net geneem behoort te word nie. Te veel vitamien A is toksies vir die liggaam.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>