Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #7

Ek het Biologie geneem in die hoërskool tot graad 12 toe. Tóé het ek nog drome gehad daarvan om dalk eendag medies te gaan studeer; ek wou graag my opsies oophou. Dít het natuurlik nooit gerealiseer nie, maar ek glo darem nie dat om Biologie te gestudeer het ‘n fout was nie. Dit was ‘n ervaring en ek het vreeslik baie lewensvaardighede geleer.

Iets wat ek nou nog onthou is hoe ons rympies gemaak het om al die verskillende vitamienes te leer en hoekom elke vitamien belangrik is. Toe ek navorsing doen vir vandag se stukkie, het ek weer aan hierdie rympies gedink.

Vitamienes is mikro-nutriënte wat baie belangrik is vir ons gesondheid, al het ons liggame min daarvan nodig. Daar is 13 verskillende vitamienes: A, D, E en K is vet-oplosbare vitamines, en B1, B2, B3, B5, B6, B7, B9, B12 en C is water-oplosbare vitamienes. Daar is ook B4, B8, B10, B11 en B13+ (ek het opgehou soek by B16) maar hierdies is klaarblyklik nie vitamienes nie.

Ek weet baie mense reken dat ‘n vitamien tekort sommer maklik-maklik met ‘n pilletjie opgelos kan word. Maar dis tog wel beter om jou vitamienes te eet. Voedsel bevat ‘n verskeidenheid van mikro-nutriënte asook vesel en ander stowwe, soos anti-oksidante. Sommige vitamienes, soos vitamien A, is toksies wanneer te veel daarvan ingeneem word, en die risiko vir oordosering is kleiner wanneer aanvullings nie geneem word nie. ‘n Persoon wat ‘n gesonde dieet volg het meestal nie nodig om aanvullings te drink nie.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>