Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #5

Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry. Verskillende kos bevat verskillende aantal kalorieë, is nie ewe dig in kalorieë nie en het ook nie dieselfde voedingswaarde per kalorie nie.

Wanneer jy egter meer kalorieë inneem as wat jou liggaam nodig het, skei jou liggaam nie die oortollige kalorieë uit nie. Nee, jou liggaam bêre daardie oortollige kalorieë as vet. Vet is dus energie wat gestoor word.

Die oortollige kalorieë van ENIGE tipe kos word as vet gestoor, selfs kos wat as gesond bestempel word. Dit is waarom dit moontlik is om te reken jy eet gesond – want alles wat jy eet is volgens jou gesond – maar jy tel nogtans gewig op.

Baie diëte sal mens laat glo dat al wat vir ‘n dieet belangrik is, is dat kalorieë wat ingeneem word minder moet wees as kalorieë wat gebruik word. Hierdie staan bekend as die kalorie tekort (calorie deficit) beginsel.

Alhoewel ‘n realistiese en volhoubare kalorie tekort belangrik is indien jou doel is om gewig te verloor, is dit nie al wat belangrik is nie. Wat belangrik is is dat jy eet om aan al jou liggaam se ander behoeftes ook te voorsien en óók sodat jy nie honger of nagekom voel nie.

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>