Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #4

Ons liggaam het energie nodig vir ons basiese lewensprosesse – soos ons hartklop, asemhaling, spysvertering en bloed sirkulasie – en om te kan beweeg.

Mense is nie soos plante wat energie van die son af verkry nie. Ons moet die energie wat ons nodig het inneem deur om te eet. Wanneer ons liggaam die voedsel wat ons eet verteer stel hierdie voedsel energie vry.

Energie word in kalorieë gemeet. Kalorieë is nie die enigste eenheid waarin energie gemeet kan word nie. Trouens, dis nie eers die metrieke eenheid vir energie nie, Joule is die metrieke eenheid vir energie. Kalorieë is wel ‘n algemene eenheid en om verwarring te voorkom gaan ek nie oor Joule ook praat nie. Weet net dat kalorieë en Joule beide eenhede is om energie in meet – dit beteken dieselfde ding en mens kan tussen die eenhede oorskakel.

Ek hou van die manier wat my fiksheidshorlosie se toep my daaglikse energie verbruik aandui: in rustende kalorieë en aktiewe kalorieë. Volgens hierdie toep verbrand ek gemiddeld 1948 rustende en 556 aktiewe kalorieë per dag – in totaal dus 2504 kalorieë per dag.

Wanneer ek gaan Google vir my energie verbruik, sê die resultate dat vrouens tussen die ouderdomme van 31 en 50, 1800 kalorieë benodig vir ‘n sittende leefstyl, 2000 kalorieë vir ‘n matig aktiewe leefstyl en 2200 vir ‘n aktiewe leefstyl.

Weet jy wat jou energie verbruik is?

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>