Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #3

Ek kan nie alles wat my liggaam nodig het om van te lewe self produseer nie, daarom moet ek eet en drink. Om te verseker dat my liggaam optimaal kan funksioneer moet ek inneem wat dit nodig het.

Wat het my liggaam nodig?

Ons heel basiese fisiese liggaamlike behoeftes is die volgende:

‘n Gesonde dieet sluit al die bogenoemde in. Die liggaam benodig wel nie presies ewe veel van alles nie, en dít is gewoonlik waar die geneuk inkom.

Wanneer ek ‘n koek wil bak, volg ek ‘n resep om vir my te sê hoeveel van wat ek nodig het. Elke bestanddeel het ‘n ook rede waarom dit daar is. ‘n Gesonde dieet is soos ‘n resep vir ‘n koek.

Ek het dalk wel min bakpoeier nodig vir ‘n koek, maar as ek dit uitlos gaan die koek flop.

En wanneer ek te veel bakpoeier byvoeg gaan die koek ook flop…

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>