2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Woensdag, 23 November 2022

Die liewe vinnige einde (vervolg)

Vanoggend se oefensessie was besonderlik uitdagend.

Jateen het dit goed gedink om vir my presies dieselfde sessie spesifikasie as laas week Woensdag te gee – wat ek reken ‘n goeie ding is. Ek sukkel om te versnel gedurende die laaste derde van ‘n hardloop sessie. En as sagteware ingenieur glo ek dat een van die maniere om ‘n probleem aan te spreek, is om jouself so gereeld as moontlik daarmee te konfronteer. Dus … my houding vanoggend was om die bul by die horings te pak en vandag se uurlange “vinnige einde”-sessie my alles te gee.

Die eerste tweede derdes van vanoggend se hardloop het ek effens stadiger as laas week gehardloop omdat ek gehoop het dit sal help vir so bietjie ekstra woema gedurende die laaste 20 minute. Dit het nie gehelp nie – altans dit het nie vir my so gevoel nie. Ek het wel hierdie keer baie hard gewerk daardie laaste derde om so vinnig as moontlik te wees. Nog nooit het 20 minute so lank gevoel nie.

Ek het uitasem ons huis binnegestrompel en Derik ingelig dat ek nie kan onthou wanneer laas ‘n hardloop sessie só moeilik óf lekker was nie.

Ek hoop Jateen skeduleer hierdie sessie vir volgende week weer.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>