Blog Riglyne Rondom Gesond Eet
Mart-Mari Breedt  

Riglyne Rondom Gesond Eet #1

(#1 van ek weet nie hoeveel nie)

Iets wat vir my hierdie jaar opgeval het van die vier Kopskuif kursusse (die laaste ene het nog so ‘n paar dae oor) is hoe min mense weet hoe om gesond te eet.

Ek reken dat hoe om gesond te eet ‘n basiese lewensvaardigheid wat ons van kindsbeen af leer behoort te wees — tog… Die skole probeer. Ouers probeer. Tendense probeer — gewoonlik verkeerd. Op die ou einde weet niemand eintlik nie.

‘n Storie wat ek gereeld hoor is: “Ek weet dat wanneer ek gaan begin ‘reg’ eet ek gewig sal verloor, maar ek kan myself net nie kry om te begin nie.”

Ek glo maar dat die oomblik wanneer mens die reg en verkeerd bordjies oor goed wil begin hang jy vir moeilikheid soek — daarvoor is die lewe te grys.

“Wat verstaan jy as ‘reg’ eet?” sal ek gewoonlik terugvra.

“Jy weet … goed soos groente en goed. En geen brood of suiker nie …”

My eie verstaan hiervan is anders – dalk meer kompleks en val nie in by die woord ‘reg’ nie.

En jy? Wat is jou verstaan hiervan?

Nota: Hierdie “Riglyne Rondom Gesond Eet”-reeks het ek beplan om kort maklik-verteerbare brokkies inligting te wees wat dalk selfs met ouer kinders gedeel kan word (dis hoe ek my kinders leer). Indien jy egter wel bietjie meer inligting rondom ‘n onderwerp wil hê, asb laat weet my, dan kyk ek hoe ek dit kan inwerk of jou vraag kan beantwoord.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>