2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Woensdag, 16 November 2022

Ek het nie gister gedraf nie want hoe meer ek probeer het om by die pad uit te kom, hoe meer het ek myself in die badkamer bevind. Lateraan het ek maar my oefenklere gaan uittrek en aanvaar dat ek nie ‘n 45-minute draf gaan kan deursien nie.

Dit wil vir my voorkom asof ek weereens met ‘n blaas- of urienweg-onsteking sukkel. Dis óf dit óf die amper 5 cm groot sist wat in Maart maand tussen my blaas en baarmoeder gevind is wat nou weer probleme gee. Ek moes in Mei maand gegaan het vir ‘n opvolg hiervoor, maar tóé het dit vir my gevoel asof dit beter raak, en ek het net-net begin oefen vir die marathon – toe gaan ek nie… Ek het darem nou geskrik en ‘n afspraak vir volgende Woensdag gemaak (wat die vroegste afspraak was wat ek kon kry).

Vanoggend se oefening was ‘n uur-lange sessie waarvan ek die laaste 20 minute moes vinniger draf. Ek het baie lank laas ‘n sessie met ‘n vinnige einde gehad. Al het ek gedurende daardie laaste 20 minute my beste gegee, kon ek nie teen die verwagte tempo hardloop nie. Ek was wel effens vinniger as die eerste 40 minute, maar nie vinnig genoeg nie.

Ek kan verskonings gebruik soos my buik area wat nog seer is, maar vinnig klaarmaak is iets wat ek eintlik nou lank al mee sukkel. Teen hierdie tyd verstaan ek darem al ‘n paar goed oor lang afstand hardloop en pacing:

Vinnig hardloop aan die begin gaan my duur te staan kom later.

  • Om vreeslik stadig te hardloop aanvanklik gaan ook nie maak dat ek skielik aan die einde kan versnel nie.
  • Die belangrike ding is om vir lank, en reg van die begin af, teen ‘n gemaklike pas te hardloop – ‘n pas wat ek enduit kan volhou.
  • Negatiewe splits is nie regtig 50/50 nie. (Dis dalk hoekom die PacePro nie vir my so lekker werk nie.) Ek reken dis eers reg teen die einde wat mens behoort te begin versnel (indien dit moontlik is).
  • Vinniger teen die einde is iets wat geoefen moet word – iets wat ek klaarblyklik nog baie moet oefen.

Dit was darem wel lekker gewees om weer ietsie anders te hê om te oefen vanoggend. Ek het die uitdaging daarvan geniet.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>