2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Donderdag, 10 November 2022

Vanoggend se oefening was ‘n uur-lange draf – gemaklike pas, niks vreemds of nuut nie.

Ek bekommer dat ons nou weer begin met oefensessies van ‘n uur of meer in die middel van die week. Dit blý maar iets wat vir my moeilik is om in te pas. Maar dis óók nou weer waar die verbintenis lê. Nè? As alles net die hele tyd maklik was om in te pas en te doen, hoe gaan ek groei?

Ek het vanoggend weer my verwagte pas geïgnoreer en gehardloop volgens my hartklop. Ek geniet hierdie manier van hardloop baie en beplan om dit te bly doen. Behalwe natuurlik wanneer ek spoed werk of so iets as oefening kry.

Omdat ek die opgelope week my hardloop sessies meer geniet, voel dit ook asof my liefde vir draf begin terugkeer. Dis eintlik ongelooflik hoe vinnig dinge gedraai het. Ek staan op met ‘n begeerte om op die pad te kom. My VO2 maks lesing is weer besig om te klim.

Ek is so verlig dat dit lyk asof ek uiteindelik besig is om te herstel na my marathon.

Marina het vanoggend vir my haar vlug besonderhede vir volgende jaar se Kaapstad se marathon gestuur. Sy gaan daar wees om die 10 km te hardloop, en ons ondersteun die Sondag wanneer ons die marathon hardloop. Yay! Haar nuus het my dag gemaak.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>