8 November 2022
2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Dinsdag, 8 November 2022

Vanoggend was ek lus om te gaan draf, maar, o wee, die reën was iets vreesliks gewees.

Ek het by ons kombuis eiland gestaan, reeds geklee om te draf, en die reën deur die venster dopgehou. Rondom ons hek, die ene waar ek sou moes deur om buite te kom, het die water poele gestaan. Ek kon al die water in my skoene en tussen my tone voel — ek is geensins lief vir nat skoene nie.

Ek het die tyd probeer verwyl deur eers ‘n koppie koffie te drink, my kramp aanvulling aan te maak en te drink én ek het dit oorweeg om solank ontbyt te eet, toe my man verklaar dat hy die kinders skool toe gaan neem. Op daardie punt het ek besef dat ek tog die reën gaan moet trotseer as ek enigsins sou wou draf.

Ek sê gereeld dat reënweer lekker weer is vir draf. En, ja… dit is, maar wanneer dit saggies reën. Vanoggend se weer was nie ideale draf weer nie – dit was perfekte in-die-bed-bly-weer. Ek is oortuig daarvan dat van my bure gedink het nie al my varkies op hok is nie — wat maak dit in elk geval tog saak? Ek het buite gedraf in die reën en dit was heerlik — al was ek in my lewe nog nooit so deurdrenk nie.

My oefening vir vandag was ‘n 45-minute gemaklike draf.

Agterna, terug by die huis, het ek eers my skoene uitgetrek om te verhoed dat ek nat tekkie merke die hele huis vol sou trap. My skoene was natuurlik papnat, maar wat vir my vreemd was is dat toe my skoene eers uit is, die water van my broek af teen my voete bly afloop het. Nat voetspore deur die huis was in elk geval die gevolg.

Hardlopers grap altyd dat ‘n roete wat jy in die reën draf twee keer so “hardcore” is as dieselfde roete op ‘n gewone dag. Ek reken dis waar. Ek reken dat om die reën te draf, vernaam reën soos vanoggend, baie sê oor toewyding en dissipline.

Nou moet ek net nie siek word en spyt wees hieroor nie.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>