1 November 2022
2022/2023 Training Cycle Blog
Mart-Mari Breedt  

Dinsdag, 1 November 2022

Vanoggend was ek maar lui gewees om op te staan en te gaan draf. Gisteraand het ek te laat gaan slaap en gevolglik nie lank genoeg geslaap nie. Ek dink dit was maar die rede vir my traagheid.

My oefensessie vandag was ‘n 40-minute gemaklike draf. My verwagte pas was 8:49; ek het heelwat stadiger gedraf teen 9:38. Alhoewel ek nie graag wou gaan oefen nie, het ek tog my sessie geniet. Omdat ek moeg opgestaan en gevoel het, het ek myself nie gedruk nie. Ek het net rustig gedraf vir die voorgeskrewe 40 minute en my eie geselsskap geniet.

Daar het vanoggend ‘n Jakaranda blommetjie op my kop geval. As studente het ons geglo dat dit goeie eksamen geluk bring – ek hoop dit bring goeie geluk op ander terreine ook.

3d book display image of Eighty Kilos of Shame

Interested in how I lost my emotional weight?

“Once a fattie, always a fattie.” Right? Can you recover from obesity? Is it possible to maintain a weight loss of eighty kilograms?

EXPLORE MY BOOKS AND MORE>>